stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Flitsfilosofie:
Objektiewe waarnemings deur Stof en sy trawante
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Normaliteit 01

Normaliteit is die die afwyking van 'n minderheid, wat deur sosiale intimidasie, die meerderheid wil oortuig om te wees, dit wat hulle nooit veronderstel was om te wees nie.
© Stof 2006


Normaliteit 02

Normaliteit is die afwyking wat die mens self geskep het om van die Skeppingsorde te probeer ontvlug.
© Stof 2012


Regsgestremdheid

Daar is 'n mesdun verskil tussen 'n regsgeleerde en 'n regsgestremde...
© Stof 2001


Die gesindheid waarmee titels gedra word.

Daar is 'n fyn, tog 'n reuse verskil tussen 'n kòlonel en 'n kolònel...
© Stof 2003


Die kern van denke

Elke mens het 'n vrye keuse met watter kant van sy rugstring hy dink. Nie almal maak dieselfde keuse nie.
© Stof 2004


Kontradiksie

Die kerk, wat sê dat hulle God as hoogste gesag erken, aanvaar slegs 'n atëistiese staat se vorm van huwelik as heilig...
© Stof 2005



Die definisie van Rasionaliteit

Rasionaliteit is die afwykende menslike wetenskap wat maak dat die mens nie God se genade en voorsiening wil raaksien nie.
© Stof 2007


Ongeloof

Hierdie treffende wyse woorde is met dank geleen by Koos van der Merwe:
Ongeloof is die irassionele tragiek van hom wat nie wil sien nie.
© Koos van der Merwe/Prophet


Die wese van die kerk

Deur Cobus Siebrits, Pastoor van Bombshelter
Die kerk is nie 'n museum vir heiliges nie, maar 'n hospitaal vir sondaars.
© Cobus Siebrits


Vooroordeel

Deur Cobus Siebrits, Pastoor van Bombshelter
Moet nooit 'n vis oordeel ooreenkomstig sy vermoë om 'n boom te klim nie, veral as jyself nie 'n apie is nie...
© Cobus Siebrits


Beskawing

Moderne superbeskawings word gebou op die primitiewe beginsel van hebsug, selfsug en eiegeregtigheid....
© Stof 2012


Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.