stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Blonde Inspirasie
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Sonstrepe van wortel tot punt,
oë wat begripvol, teer begryp.
Gelaat ongeskonde deur 'n kwas,
mond wat van wysheid spreek as jy praat.
Nek wat saampraat as jy deel,
skouers wat saam die las wil dra.
Hals volmaak geskape, subtiel verskuil,
Middel wat na omhelsing smag.
Heupe skoon en ongeskeur,
knieë wat kniel en wysheid vra.
Voete wat die tweede myl wil loop.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.