Met biploler geseën,
om nederig te kan bly,
maar jy spot my mank been,
dink dat ek nie seerkry.
Eenkant, weggevlug,
soek ek rustigheid,
keer ek vir een dag my rug,
en vlug van die nyd.
Laat my vandag alleen,
want ek het dit so nodig,
woorde, vandag geen seën,
samesyn totaal oorbodig.
En as more kom,
sal ek weer in jou oë kan kyk,
my lewe dan nie so krom,
deur dale gelouter, van voor af ryk.