stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Af
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Met biploler geseën,
om nederig te kan bly,
maar jy spot my mank been,
dink dat ek nie seerkry.

Eenkant, weggevlug,
soek ek rustigheid,
keer ek vir een dag my rug,
en vlug van die nyd.

Laat my vandag alleen,
want ek het dit so nodig,
woorde, vandag geen seën,
samesyn totaal oorbodig.

En as more kom,
sal ek weer in jou oë kan kyk,
my lewe dan nie so krom,
deur dale gelouter, van voor af ryk.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.