In jou boeke weggevou,
is jy besig om 'n toekoms te bou,
vir jou en Takalani.
Toe jou buurman alleen dra,
was jy ook daar om hom te vra,
of jy sy las ligter kon maak.
En eendag sal jy terugkyk,
sal jy weet jy is ryk,
want jy was daar,
ook vir 'n ander.