Die waak,
is sterker as die vaak,
en in my leë arm,
is daar niemand warm.
Die droom,
raam my in die soom,
en ek soek na jou,
in elke koue vou.
Al sou die waak dan wyk,
en vaak my toelaat in sy ryk,
ek sou wegraak in 'n morfe gaap,
bly dit net 'n eensame slaap.