stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Klagtes
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

As jy my vra,
waarom ek nie kla,
sal ek aan jou wys,
my ellelang genadelys.

As jy na jou lewe kyk,
en dink jy's nie ryk,
moet jy weer dink,
hoe jy vir ander klink.

Elke dag se lewe,
elke dag, al sewe,
is vol gratis genade,
verpak in liefdes-gewade.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.