stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Vriendskap
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

As nagdonker wyk,
en daglig die horison kunstig rooi verf,
is dit tyd om weer te kyk,
en uit my talente iets mooi uit te kerf.

Maar eensaamheid kom met sy byt,
en laat my weer horisontaal,
verder wegdryf van die tyd,
wat U my stuur om net te gaan haal.

Dan lui tegnologie in my oor,
en omgee-engele vra my weer,
om hul roepstem aan te hoor,
en my oor tot hul nood te keer.

Dankie dat U vriende skep,
wat deur vir my 'n hand te vra,
weer my roeping aan my rep,
en so vir my wys dat U ook vir my wil dra.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.