stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Hoop
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Hoop kom draai op my stoep,
maar gly nét voor die deur,
in 'n plassie water.
Daar gelos deur die jaloesie,
van hulle wat my hoop wil breek.

Tog is hoop onverhandelbaar,
en eendag op 'n dag wat jy nie wis,
kom maak hy weer sy draai.
Dan nooi ek hom in,
en sê dankie vir die genade,
van hoop.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.