stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Engele
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Engele het vlerke,
of het hulle?
Engele is wit,
of is hulle?

Engele help net heiliges,
dra net die herders.
Engele is onsigbaar,
en soms sommer net 'n mite.

Toe smeek ek Hom,
om vir my 'n engel te stuur.
Hy het gehoor,
en 'n leërskare gestuur.

Engele in mensmondering,
elkeen met 'n enkele taak,
het gekom om my laste te neem,
en weer die lewe sin te gegee.

Wees jy Sy engel as Hy jou roep.
Hoor Sy stem as Hy jou talente vra,
sodat jy 'n mede-engel,
kan help dra aan sy vrag.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.