Dit is donker en swart,
alle hoop is verlore.
Geen vuurhoutjie,
kry my kers aangesteek.
Spartelend spokende,
gryp ek na halmpies.
En sodra ek dit vasvat,
breek dit net bo my hand.
En die nag word swarter,
en die wolf se tande skerper,
en die woordklippe genadeloos,
en dan is dit stikdonkernag.
Ek roep dan na my Vader,
vra vergifnis vir my kleingeloof,
smeek Hom om Sy genade,
en bely my eie beperkinge.
En die son kom op,
en alle hoop word waar,
en genade oorstroom my,
met meer as wat ek ooit kon droom.