stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Deel
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Met valse vrees vervul
is jy besig om jouself te kul
met 'n masker oor jou siel
is jy net 'n dowwe spieël

En ek sit en wonder
wat verskuil jy daaronder?
dan wil ek jou vra
wat is dit wat jou so swaar laat dra?

Laat ons ons maskers afgooi
want daarmee is ons die prooi
van 'n vrag wat ons nie self kan dra
terwyl ons maar net 'n skouer kan vra

Wees jy dan vandag 'n skouer vir 'n ander
want deur saam te dra kan jy verander
dié dinge wat jou en my nog altyd
beroof het het van jare in 'n leeftyd

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.