stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Vrae
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Waar is jy vandag,
jy aan wie ek 'n gelofte gemaak het:
Nie 'n blote 'n menslike onderneming,
maar 'n woord voor God en sy gesant.

Wat doen jy vandag?
Is dit warm in sy arms?
Dink jy soms nog aan my,
of is ek net 'n bipolere geraamte uit jou verlede?

Ek smag daarna
om net vir 'n oomblik,
'n paar vrae,
een tot een,
aan jou te vra.

En dalk daarna,
iets te verstaan,
van daardie dag,
toe jy my laat gaan het,
terwyl ek moes toekyk,
hoe jy wegkruip onder sy skouer.

Ek vra maar net...
want ek verlang na jou.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.