stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wonder?
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Vasgevang in 'n hokkie van drie by vier,
dink ek aan die warmte van ons huis.
Verlang ek na die fluister in jou stem,
as jy knus teen my vassnoes.

Dan wonder ek,
of jy ook
verlang?
Of kon jy dit regkry
om herhinderinge
uit te wis,
met die druk,
van 'n geestesknoppie.

En ek wonder,
as jy sy kind
so styf vashou...
Of jy dalk ook,
-tog net soms-
na my verlang.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.