Jou wilde krete
skeur die stilte...
die sadis se gesig,
lewensgroot...
voor jou oë.
Net om te hoor,
hierdie keer,
hoef hy nie,
te boor.
En oppad uit,
sien jy in sy wagkamer,
verwilderde gesigte,
in afwagting,
op pyn en lyding.
En hier in jou mou,
lag jy,
maar dalk, net dalk,
is jy volgende keer,
wel onder sy boor