stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Deel met my
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Ek wil jou nader wink,
'n stukkie van my donker kas,
vir jou op 'n skrefie oopmaak.
Maar hoe sal ek weet,
dat jy nie dalk,
met my seer gaan spot.

Leer my om jou te vertrou,
om meer as net 'n skrefie,
aan jou toe te vertrou.

En laat my toe,
om ook 'n stukkie van jou,
te kan help dra.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.