Met geruis van teer
en klop van masjien,
mik die blik hier rondom my
met 'n reguit lyn na jou.
Hoe sou jy my ontvang?
Of sou jy dit dalk nie wou?
Sou jy my wou sien,
of dalk net afjak en wegjaag?
Maar hierdie rit moet gery word,
ongeag die eindbestemming daarvan.