In die kerk met sy harde houtbanke,
kom daar gewyde, geinsprireerde klanke,
vanuit ‘n lugpyp-orrel,
wat vir die Here borrel.
Daar word gebid, om genade gesmeek.
Gevra om die mag van die bose te breek.
Terwyl ons plat op ons buffers sit,
terwyl ons tot Hom probeer bid.
In ‘n hof kom ‘n toga sonder naam,
uit ‘n deur met goue raam.
Is ontsteld as ek nie opstaan,
vir sy grote eiewaan.
Mense wat in kerke sit,
terwyl hul tot God probeer bid,
staan regop op vir ‘n landdros,
en dit net oor sy pos.
Waarom sal ons dan seën verwag,
en van God ons daaglikse krag,
as ons ‘n toga op ‘n bank,
hoër ag deur eerder vir hom te rank
2003/02//16 19:53