1: Wie is jy wat eensaam op ‘n parkbank sit en trane stort?
Is jy eensaam net soos ek en soek jy iemand wat verstaan?
wil jy opkyk en my raaksien dat ons saam ons laste dra,
dan sal heelword dalk ons deel kan wees daarna.
Refrein
My vrae is te veel,
ek hoop nie dat ek steur,
deur jou dit te laat dra,
en dalk jou rug te breek.
2: Is jou lewe leeg en vaal na pyne wat die lewe gee?
Is jy uitgegooi deur hulle vir wie jy so diep vertrou?
Is jy bang vir mense omdat hulle jou so seer kan skop?
As dit so is weet dat ek weet hoe dit voel.
Refrein
3: Ek stap nader en sien pyn wat jou gemoed totaal verteer,
sien ‘n seer wat net nie wil genees en jou gewete knou.
Wil jou hand neem en jou neem na rus wat wonde kan genees,
dat jy vrede mag ervaar en sin mag vind.
Refrein
4: Sou jy my dalk vir ‘n oomblik onvoorwaard’lik wou vertrou,
oor jou seer en twyfel in die mensdom, iets met my wou deel.
Mag ek aanhoor wat dit is wat jou gemoed so swaar laat dra?
Laat my toe om nader aan jou hart te kom
Refrein
5: Ek verlang na iemand wie ek ook volkome kan vertrou,
wat ‘n oor kan gee en en waarlik my geraamtes sal verstaan.
Iemand wat ook saam met my my Vader sal kan vra om hulp,
Hom kan smeek om sy genade uit te stort.
Refrein
6: Dis net Hy wat waarlik weet wat in ons diepste wese woed,
wat ons seerkry, ons geraamtes en ons wroeging kan verstaan.
Laat ons Sy bevryding en Sy wysheid aangryp hier vandag,
dat Hy ook genesing vir ons kan bewerk.
Refrein
7: Wie is jy en waarom sê ek hierdie dinge tog vir jou?
Sien ek dalk in jou gesig ‘n spieelbeeld van wat myne is?
Is jy dalk ‘n skim, of sal ek jou tog regtig mag ontmoet,
of moet ek bloot dag tot dag alleen bly dra?
Refrein X 2
(SAMRO 2002)