Waar sou ek jou kon vind?
Jy wat sonder oordeel,
my geraamtes kan help ontsyfer.
Jy moet tog hier naby wees, nader as wat ek dink.
Ek wil my pyne en my vrae met jou deel,
ook jou seer en vrae probeer ligter maak.
Ek wil weet wie jy is,
jy moet tog hier wees.
Hoekom weet ek dan nie van jou nie?
Waarom bly jy my ontwyk?
Sal daar dalk tog ‘n dag kom,
wat die Heer dit so sou beskik,
dat jy meteens voor my sal staan.
Of moet ek maar met maskers,
die res van my tyd op aarde deurswoeg?
Met bedrog teenoor ‘n naaste,
’n beeld voorhou van heelheid.
Wie is jy, waar is jy?
Waarom kom jy nie na vore nie?
Of leef ek dalk in ‘n ilusie.
waarin jy nie eens bestaan?