My brein voel soos ‘n vrot spons.
Nekspiere pyn met elke beweging.
Opstaantyd is nag en wakkerwees is pyn.
Daglig sny skerp en genadeloos deur my bestaan.
Al wat oorbly is om te wag vir die nag.
Desembermaand is die einde van die jaar.
Voel ook soos die einde van alle hoop.
Almal juig en fuif en raak uitspattig.
Sonder om die Heer van Kersfees raak te sien.
Sonder om ‘n medemens se nood raak te sien.
Ek het ‘n plekkie in hierdie wêreld.
Deur genade spesiaal net vir my berei.
Tog is hierdie plekkie vandag ‘n rommelhoop.
Met ‘n gekreukelde en platgedrukte wrak daarin.
Waar hoop en uitsig stuk stuk vergaan.
Waarheen met ek gaan.
En met wie moet ek praat, kan ek kla?
Ek is geseën met pligte en voorregte,
Wat ek nie mag versaak.
Maar ek kan nie daarby uitkom sonder U