stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Skrootwerf
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

My brein voel soos ‘n vrot spons.
Nekspiere pyn met elke beweging.
Opstaantyd is nag en wakkerwees is pyn.
Daglig sny skerp en genadeloos deur my bestaan.
Al wat oorbly is om te wag vir die nag.

Desembermaand is die einde van die jaar.
Voel ook soos die einde van alle hoop.
Almal juig en fuif en raak uitspattig.
Sonder om die Heer van Kersfees raak te sien.
Sonder om ‘n medemens se nood raak te sien.

Ek het ‘n plekkie in hierdie wêreld.
Deur genade spesiaal net vir my berei.
Tog is hierdie plekkie vandag ‘n rommelhoop.
Met ‘n gekreukelde en platgedrukte wrak daarin.
Waar hoop en uitsig stuk stuk vergaan.

Waarheen met ek gaan.
En met wie moet ek praat, kan ek kla?
Ek is geseën met pligte en voorregte,
Wat ek nie mag versaak.
Maar ek kan nie daarby uitkom sonder U

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.