stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Hy roep jou
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

(n.a.v. Mattheus 5 Vir verskeie gewyde melodië)
SAMRO 2002


1: Al is jou gees op aarde arm,
weet dat die Heer jou wil beloon.
Jy mag maar treur as trane huiwer,
want Hy vertroos jou in jou smart,
en wees sagmoedig soos Hy jou vra.
Jy sal die aarde, dan beërf.

2: As jy Hom smeek na ware regspraak,
sal Hy jou gee dit wat jy vra.
Sou jy 'n naaste uit sy nood help,
sal Hy jou ook genade gee.
Laat ook jou hart volkome rein wees,
dan sal jy God se almag sien.

3: Wees vreedsaam en verkondig vrede,
dan sal jy altyd syne wees.
As ander jou vervolg oor Sy Naam,
skenk Hy jou sy groot koninkryk.
As ander jou vervloek oor Sy Naam,
dan sal jy saligheid beërf.

4: Wees dankbaar, jubel voor die Here,
as Hy jou kies as Sy gesant!
Jou loon sal groot wees in die Hemel,
en Hy sal jou 'n kroon daar skenk.
Want Sy profete wat voor jou was,
het ook dieselfde pad geloop.

5: Maak nou jou oor oop vir die Meester,
Hy wil jou in Sy Ryk gebruik.
Laat Hy Sy seën oor jou kom uitstort,
en jou die wysheid gee wat kort.
Dan sal jy ere aan Sy Naam bring,
en mense lei tot voor Sy troon!

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.