stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Vrou
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Toe Hy jou gemaak het, was Hy op Sy beste.
Die son het gehuppel oor die veld,
die uitspansel was op sy mooiste.
Sy skepping was daardie dag,
die mooiste in baie dae.
Hy het besluit jy sal ook die mooiste,
die mees volmaakte van sy skepsels wees.
Hy het jou gemaak: vrou:
vervul met die beste, die edelste.
Hy het alle kunstenaars oortref,
en in Sy almag geweet jy is die kroon.
Hy het jou pragtig gemaak,
jou onweerstaanbaar en aanloklik geskep.
Jy, vrou, kan nie nageboots word nie,
kan nie vervals word nie,
kan nie gefeins word nie,
want geen mens kan so Goddelik pragtig skep nie.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.