As duister op sy diepste is,
en ek nie verder kan vooruit.
Dan kniel ek laag voor U,
en spel my nood voor U.
As U nader kom met hulp.
en ek oophand staan en wag,
dan kruip ‘n duister ongeloof,
in my wese in.
Ek sien U kom, ek weet U het gehoor.
Ek weet U het my uitkoms in U hand,
maar ongeloof laat my bakhand terugtrek,
opsoek na aardse hulp wat wat lank nie meer kan
Ek weet U is HERE en MEESTER.
U is die heerser oor heel die heelal.
U kan met ‘n woord enige mensgemaakte entiteit verander.
Waarom twyfel ek dan nog?
Dis ongeloof wat tussen my en my einddoel staan.
Menslike trots en ydel begeertes wat my weerhou ,
om U groot genade aan te gryp,
en in U troos te rus.
Gee U my die krag,
om my eie ongeloof uit te wis.
Gee U my die geloof,
om te weet U het reeds vir my ‘n antwoord.