1: Ek onthou nog,
hoe U neerkyk.
En my moeë siel weer salf.
Ek onthou ook,
hoe U omsien,
na my seer en pyn van hier.
Refrein
U is Here,
ek aanbid U.
En ek maak my lewe oop.
Kom dan binne,
en bevry my.
Van my selfsug en my seer.
2: Hemel Vader,
ek aanbid U.
En ek maak my wese oop.
Sal U inkom,
en my uitred.
Red van hierdie pyn en seer.
Refrein
3: U behoed my,
in my wandel.
As ek nie weet wat op my wag.
Terwyl ek wankel.
roep U stem my:
Hou jou oë net op My.
Refrein
Op die melodie van Precious Memories