stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Mopshond
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

1: Jy wag geduldig by die huis,
totdat ek na jou kom,
en aan jou koppie krap.
Dan tjank jy 'n dankbaar tjank,
en hol 'n draai om my,
totdat jy op my skoot kom lê.

Refrein:
Jy's my pragtige hond,
'n klein wonderwerk,
jy wag so getrou,
elke dag by die hek.
En as ek die knip skuif,
om die hek oop te maak,
dan sê jou oë,
jy is so bly.

2: As die maan sy kop uitsteek,
en die straatlig deurnag gloei,
dan kruip jy weg vir die lig. Jy loer eenoog na die lap,
in die mandjie net vir jou,
en nooi klaasvakie saggies in.

3: As die wekker soggens lui,
loer jy benoud na my,
en vra om uit te gaan.
Dan hol jy al agter my,
tot by die toe voordeur,
en sug verlig as jy terugkom.

(Wysie: Mooiste droom - Lisa Rautenbach)
SAMRO 2003

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.