|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Ope brief aan broer Tinus de Bruin
Die voorreg van gelykgeskapenheid
|
|
| | |
|
Na aanleiding van die inskrywing wat Broer Tinus De bruin op Facebook gemaak het, soos wat boetie Sam dit onder Stof se aandag bebring het, deel Stof graag in gehoorsaamheid aan 2 Thessalonicense 3:15 hierdie ope brief aan ons hartseer broer te rig.
Klik hier om toegang tot die inskrywing te kry.
From: Stof
Sent: 31 Maart 2015 05:30 nm
To: rural.safety@mweb.co.za
Cc: Sam Kantoor, Vickey praktyk, NCBSA Liassering
Subject: Saakno: 2015/14748
Vrede vir jou, Tinus.
Dit is vandag ‘n voorreg om geroep te wees tot hierdie geleentheid om ‘n hand uit te reik.
My broer Sameul Ngalatji het jou plasing oor poste wat jy adverteer, onder my aandag gebring en gevra dat dat ek met jou gesels oor die gesindheid wat jy daarin openbaar.
Na aanleiding van die direkte opdrag in 2 Thessalonicense 3:15 oor hoe om met ‘n broer wat buite orde optree te handel, is dit vandag my voorreg om dus ‘n hand uit te reik. Uit die advertensie vir poste wat jy op Facebook geplaas het, blyk baie dinge. Vir vandag, word slegs een hanteer. Hierdie aspek is die trant, sowel as die geïmpliseerde minagting vir jou gelykgeskape medemens. Een van die dinge wat uit die trant van jou inskrywing blyk, is dat respek vir jou gelykgeskape medeskepsel heeltemal ontbreek. By implikasie, dat Vader ‘n fout sou gemaak het toe Hy jou medemens geskep het... Jesus self gee duidelike opdragte in hierdie verband in Mattheus 28:37-39, veral vers 39.
|
|
Elke medemens is ‘n gelyke, geskape deur dieselfde Vader wat vir elkeen ‘n unieke taak en roeping reeds by die skepping beskik het. Dit is dus hartseer dat jy, nog voor jy moontlike kollegas in jou kring verwelkom, jy reeds ‘n bevooroordeelde en verkleienerende gesindheid teenoor hulle openbaar. Op hierdie wyse toon jy reeds dat jy die seën van die unieke gawes wat ander oor jou pad kon bring om jou jou eie lewe, sowel as die besigheidsbelange waarmee jy geseën mag wees, verwerp. Weens ons menslikheid en feilbaarheid, kan geeneen as ‘n eiland funksioneer nie. Daarom het Vader ons as medemens vir mekaar geskep met die doel, om mekaar te verryk.
Vandag dus my uitreik na jou: Heroorweeg die manier waarop jy die aanbod aan desperate mense wat werk dringend nodig het, rig. Deur reeds op die uitnodigingvlak, in Jesus se spore te volg soos wat Jesus self die voorbeeld gestel het, sal jy eerder kandidate trek wat opreg belang stel om ‘n verskil te maak in jou en hulle lewe, en nie kandidate wat uit pure nood, bereid is om teësinnig, hulle menswaardigheid te verkoop vir ‘n pot lensiesop, met die gepaardgaande lojaliteit, nie...
Beproef dit, en jy sal in dankbaarheid, ware langtermyn vrugte pluk, tot heil van jouself en elke nuutgevonde kollega.
Seënwense, met omgee
Gelykgeskape jou medeskepsel, Stof.
Seënwense
Stof
|
Die Here sal jou seën en jou behoed. Die Here sal Sy aangesig oor
jou laat skyn en jou genadig wees. Die Here sal Sy aangesig
oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Num 6:24-26
| |
Hierdie epos en die inhoud daarvan is onderhewig aan die veronderstelling dat elke leser daarvan 'n gelykgeskape skepsel geäg word en daarvoor gerespekteer word. Geen ontvanger word onderwerp aan enige kleinlike menslike vooroordele of beheermaatreëls wat gelyke en waardige naasbestaan ondermyn nie. Geen klousules wat die waardigheid of motiewe van die korrespondent bevraagteken, is van toepassing nie. Elke ontvanger word die duisendvoudige seën wat hom of haar toekom, toegewens en ten volle gegun (Deut 1:11). Soli Deo Gloria!
.
|