Dalk is dit nou presies die regte tyd om ‘n paar gedagtes te deel oor instansies wat uit verkillende afdelings bestaan. Dikwels kry die hele instansie ‘n slegte reputasie omdat ‘n enkele afdeling, teen alle logika in, hulle eie volg en te trots is om te erken dat hulle eksperiment, wel, net ‘n eksperiment was. As die enkele afdeling daarna ewe paranoïes en teen alle rasionalieit in ,dan poog om die mislukte eksperiment lewendig te hou, raak dit die publieke beeld van die instansie in totaliteit. Die integriteit van die instansie as geheel, word dan ook dikwels ernstig bevraagteken.
Wat staan die res van die instansie te doen in so ‘n geval? Hulle dien immers met passie en gee hulle beste wat dienslewering betref. Dit is dus uiters onbillik teenoor hulle onder dieselfde kam as die enkele korrupte afdeling te skeer.
‘n Gedagte wat die afgelope tyd heelwat sy verskyning gemaak het, is die volgende:
Sanral se funksionele afdelings wat al jare met integriteit funsioneer en op tegniese vlak, werklik uitstekende diens ten opsigte van die padnetwerk lewer, verdien meer as net ‘n pluimpie. Hierdie mense lewer so stil stil, hulle diens. Die resultaat daarvan is sigbaar op paaie waarvan die meeste in uitstekende toestand is. Die geskeduleerde en voorkomende instandhouding war verseker dat die paaie se toestand min of meer konstant in ‘n goeie toestand hou, verdien ook meer as ‘n pluimpie. Hierdie afdelings, wat die meerderheid van die instansie beslaan, se beeld is egter nou ten gronde weens die arogansie en doofheid van die e-tol afdeling. Danksy die e-trolle, is die instansie in totaliteit, as scamral of scumral beskryf. Dit is uiters onbillik teenoor die eerlike en toewyde afdelings en amptenare, omdat hulle integriteit nou saam met die een enkele korrupte afdeling, bevraagteken word.
Derhalwe sou dit dalk goed wees as die Departement van vervoer, ‘n nuwe sambreelnaam skep vir die edel afdelings, sodat hulle vlekkeloos verder kan funksioneer, en die naam Sanral slegs gebruik vir die e-trolle. Om die e-trolle se naam te verander, sou futiel wees, want die Sanral naam, is reeds so ernstig geskaad, dat hulle dit maar kan kry en verder deur die modder trek. Laat hulle, en slegs hulle, dit dan maar behou. En mag die ander afdelings tydens die aankondiging van die nuwe naam, ook in die publieke media die eer ontvang vir hulle toewyding, sodat hulle naam in ere herstel kan word.
Sodra die onderskeid dan geïmplimenteer is, kan verder aksies dan met vrymoedigheid teen die twyfelagtige e-trolle gevoer word onder die Sanral naam, sonder om die ander te benadeel.
En hierdie eenvoudige gedagte, is dit wat Stof glo, regtig werkbaar is.