|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
TPA streke: Eish!
Boswell en Wilkie kry kompetisie...
|
|
| | |
|
Daar is 'n wyle gelede in die media berig dat Boswell en Wilkie deur 'n moeilike tyd gaan. Aanvanklik is vermoed dat dit bloot die kompetisie is wat hulle van parlementêre kant af kry. Dit blyk egter later dat die provinsiale verkeersowerhede ook 'n aansienlike rol te speel het in hierdie kompetisiespel...
Synde self in 'n professie wat konsultasie met 'n medemens vereis, weet ek dat vertroue belangrik is. Beide die konsultant sowel as die gekonsulteerde, moet mekaar kan vertrou. Daarom is eerstens die ding wat Pa self vra, sowel as die profesionele ding om te doen, om die persoon te vertrou. Deur enigsins vrae te vra of selfs net insinuasies te maak wat die gekonsulteerde se hartsinhoud bevraagteken, word afstand geskep en word die vertrouensverhouding gebreek, en dus die doel van die konsultasie, verydel. Dit is nie wat Pa van ons verwag nie. As ons geseën is om in 'n posisie te wees om te dien, moet dit wees met 'n onvoorwardelike wil om te wil dien, sowel as die wil om die positiewe in die gekonsulteerde raak te sien en daarop te fokus. Deur in die eerste plek te bevraagteken, te oordeel en dinge wat ons voor ons siel weet nie moontlik is vir die gekonsulteerde, aan hom om te delegeer, is nie hoe dit gedoen word nie. As 'n gelykgeskape medemens hom tot jou wend vir 'n oplossing waar hy staatmaak op jou vaardighede, kwalifikasies of selfs net omdat dit die werk is wat jy moet doen omdat jy 'n salaris kry daarvoor, is die etiese korrekte om daardie vertroue waardig te wees deur op waardige wyse, sonder vooroordeel of inkriminasie, dienswillig teenoor sodanige persoon op te tree.
Die hartseer van die verloop van sake wat hieronder geskets word, is dat feitlik elke amptenaar met wie gekonsulteer is, eers gesoek het wat kan alles fout loop. Baie van hulle het blatant beskuldigings van korrupsie na beide Stof en ander partye wat konstruktief deel van die oplossing wil wees, gegooi en hulself ewe neus in die lug probeer onttrek aan die voorreg om deel van die oplossing te kon wees.
|
|
Ek kan met groot waardering, vir Celeste by Akasia lisensiekantore en Margaret by Kokkie (SVP se verkeersdirekteur) se kantoor hoog eer, dat hulle meer as net die tweede myl probeer stap, ten spyte van hulle kollegas en dikwels seniors se onwilligheid om deel van die oplossing te wees. Aan julle, baie dankie, julle bewys dat daar wel nog mense is wat binne Pa se ontwerpspesifikasies van naasteliefde wandel. My wens is dat elkeen van ons, hulle voorbeeld mag raaksien en so nader kan kom aan ons skeppingsdoel.
Vanoggend deel ek dus die verloop van sake hieronder, met name en besonderhede van elke party gedeel soos wat ek dit beskikbaar het. Ek doen dit, sodat ander wat hier lees en deel van die antwoord kan wees, en gelei is om konstruktief by te dra tot die oplossing, se taak makliker te maak. Hierdie stuk word gedeel om die inhoud daarvan, van die hart af te kry. Die alewige gekrop maak dat funksionaliteit op ander belangrike lewensgebiede taan.
Weens 'n situasie met Stof se status op die bevolkingsregister, het die munisipale owerhede in 2008 geweier om Stof se lisensieaansoek vir 'n A lisensie te hanteer. 'n Amptenaar wat teenwoordig genoeg van gees was, by name Khanyiso, het egter vir Stof verwys na TPA toe, Dit was nie Khanyiso se werk as amptenaar nie, maar as medemens het hy gedoen wat hy geskep is om te doen, naamlik om 'n medemens se probleem raak te sien, en positief deel van die oplossing te wees. Daarvoor word hy geëer.
Khanyiso se verwysing het tot gevolg gehad dat Stof 'n besoek by Boekenhoutskloof gaan aflê het en vir Eddie Horak ontmoet het. Eddie het vir Stof 'n afspraak in dieselfde week gereël, vir beide die leerlisensie en die praktiese toets in een oggend. Stof het met dank die aanbod aanvaar en die nodige fiskale middele voorsien.
Op die dag van die toets, 24 September 2008, daag Stof op. Hy doen die nodige toetse. Vader is hom genadig en hy is suksesvol met beide. Eddie kry dit egter nie reg om die lisensie op Navis te laai nie, weens die probleem op die bevolkingsregister. Hy onderneem om sodra hy dus toegang kan kry, die nodige te doen. Hy los egter nie sy boetie net so in die duister nie, en loop die tweede myl deur as bewys van die slaag, 'n volledige epos aan Stof te stuur wat al die nodige inligting bevat om die lisensie te bevestig.
Op 22 Desember 2008 herstel Binnelandse sake die glipsie op hulle rekords. Danksy toegewyde amptenare soos James Botha, wat jare lank 'n pad saam met Stof gestap het in die hantering van die probleem, is Stof dus weer sigbaar en lewendig.
In Januarie gaan loer Stof weer in by Boekenhoutskloof. 'n Persoon, met 'n string doppies op sy skouer, stel homself net as Van der Merwe voor. (Die arme man se ma het seker vergeet om hom 'n naam te gee.) Hy het die epos bekyk, en sonder om deel van die oplossing te wees, dadelik begin foute soek. Hy het direk vir Stof van korrupsie beskuldig en alles ontken wat Eddie bevestig het. Hy het selfs ontken dat dit moontlik sou wees dat Eddie die toets sou kon afneem. Later ontken hy selfs dat hy vir Eddie ken. Hy blaas, knor en dreig en vertel in grafiese detail wat hy met Stof sal doen as hy hom op die pad kry met hierdie lisensie. Stof is daar weg, sonder enige oplossing. Dit is hartseer om te sien hoedat iemand wat in 'n pos is waar dienslewering deel van die posomskrywing is, 'n gelykgeskape medeskepsel so laag ag, dat hy sadistiese genot daaruit put om wat hom met 'n probleem nader, te teister met sy menslose pogings tot inkriminasie.
'n Wyle later word Stof verwys na Sarel van Wyk (0724178798), 'n deeltydse amptenaar wat aanbied om te help. Stof was pas geseën met 'n takie om te verrig, en kon dus met 'n geswoeg, wel die ondersoekfooi van R1500.00 bybring. Die ondersoek word ook 'n doodlooppad, want hy berig later dat die voltydse ondersoekbeampte nie meer by die lisensieowerhede werk nie en die saak dus weer doodloop. By navraag 'n paar maande later sê Sarel dat hulle nie meer die ondersoekbeampte kan opspoor nie en die saak wat hy geïnisieer het, dus gesluit is. Die diensfooi is nie terugbetaalbaar nie en ondanks die verlies daarvan, het Stof steeds nie sy A lisensie op die Navis rekords nie.
'n Positiewe vewikkeling is toe Stof 'n wyle daarna, kennis maak met Celeste, 'n toesighouer by Akasia lisensiekantore. Sy het werklik uit haar pad gegaan om tot hulp te wees. Ondanks die feit dat daar geen ondersoekfooi betrokke was nie, was die diens onberispelik en het sy en haar kollegas hulle beste pogings ingesit om Stof tot hulp te wees. Hulle loop hulle egter telke male vas keer teen Mpostoli Msiza (per epos adres van sy sekretaresse: Matildah.Ntlatleng@gauteng.gov.za) en sy onwillighied. Sy foutvinderige gesindheid kan egter vergelyk word met Naamloos Van der Merwe, soos vroeër genoem, se lewensfilosofie.
Intussen lewer Celeste se toegewyde aanhou soek na 'n antwoord, wel resultate op. As gevolg van haar werk, kom die volgende aan die lig:
- In teenstelling met Naamloos Van der Merwe se stelling dat Eddie nooit vir die TPA gewerk het nie, stel Samson Kobo (Samson.Kobo@gauteng.gov.za) vas dat Eddie wel daar gewerk het, maar oorgeplaas is na Premos.
- Na aanleiding van bogenoemde inligting, het Celeste vir Evon de Klerk by Premos gevra om die saak op te volg. Die proses het egter weer daar doodgeloop. Baie dankie, Evon...
- Nadat die navraag by Evon doodgeloop het, het Celeste weer probeer en met Freddie van Wyk sowel as Johnny de Kela hieroor gekorrespondeer. Dié twee het egter ook die saak laat doodloop.
Per geleentheid kontak 'n ondersoekbeampte, Dawid Steyn (0827300796) vir Stof. Hy het die rekords opgespoor en kan die lisensie afhandel. Stof buig laag en kry die R350.00 diensfooi bymekaar wat hy benodig. 'n Week of wat later is daar nog 'n rekeing vir R100.00 vir 'n beweerde parkeerkaartjie, wat hy beweer die afhandeling van die proses terughou. Danksy 'n engel wat in die omgewing is, kan Stof sy hand daarop lê en Dawid kom haal sommer self die fooi, wat heelwat moeite spaar vir Stof. Die regstelling van die saak na aanleiding van sy ondersoek, loop egter ook dood. Soos met Sarel se ingrype, is die fooie ook nie terugbetaalbaar nie en sit dit dus vir Stof met 'n verdere R450 terug.
Intussen hou Celeste gereeld kontak en probeer sy haar beste om steeds van Akasia se kant af, die probleem op te los.
Tydens 'n gesprek met 'n kennis wat by 'n motorfietshandelaar werk, maak Stof kennis met Daniël Struwig, 'n inspekteur by TPA. Hy het by die kantoor gaan navraag doen, en bevestig dat hy die lisensiedokumente opgespoor het, dus die saak nou kan afhandel. 'n Diensfooi van R500.00 word genadiglik deur 'n kollega voorsien, en Daniël onderneem om die reggestelde tydelike lisensie 'n week later te voorsien, waarna Stof net by Aksia die heruitreiking van die Navis kaart moet gaan aanvra. Daniël is vriendelik genoeg om Stof in Arcadia te ontmoet, sodat daar nie nog 'n dag verlore gaan by die kantore se toustanery nie.
Dit is net daar waar 'n persoon by name Thabo Serekeho (0828227565), wat beweer hy is 'n kolonel by die ekonomiese bedrogeenheid, weer duiwelsadvokaat probeer speel. Net voor die uitreiking van die tydelike lisensie, skakel hy ewe vir Stof en wil hom sien. Stof hoor toe maar wat die knaap te sê het. Hy trek toe weer 'n Van der Merwe op homself en bevraagteken alles, inkrimineer vir Daniël en beweer dat Daniël nie 'n amptenaar is of magte het om hierdie soort transaksie te doen nie. Thabo is so negatief dat Stof begin wonder of sy beweerde kolonelskap, nie eerder 'n klemverskuiwing moet kry na kólonel toe nie... Later berig Thabo dat hy vir Daniël gearresteer het vir bedrog en 'n verklaring soek van Stof. Die verklaring wat hy skryf en van Stof verwag om te onderteken, is egter so inkriminerend teenoor Daniël dat Stof dit nie kon doen nie. In hierdie voorgestelde "verklaring" lê Thabo ook woorde in Stof se mond wat nooit bedoel is deur stof nie. Stof wysig dus die sogenaamde verklaring. Thabo, nie baie ingenome nie, onderneem om die volledig en korrekte verklaring van die verloop waarin Stof die diensleweringskant van Daniël se werk korrek weergee, by 'n sentrale punt te gaan afhaal. Tot vandag toe, is dit nog nooit gehaal nie. Dit blyk later dat daar wel 'n verklaring op sy "ondersoekdomumente" voorkom wat voorgehou word synde deur Stof te wees. Dit bly 'n ope vraag wat waarom hy deur Daniël te inkrimineer, Stof probeer weerhou het van sy lisensieoordrag. Het dit dalk te doen dat Stof hom dom gehou het toe Thabo verwys na die feit dat sy salaris maar kleinerig is...
Vroeër vandag skakel Musa Manganyi (0118910001) van die departement van vervoer. Hy poog om die taak om die dokumente op te spoor, op Stof af te laai. Daarna sal hy die saak suksesvol kan oplos. Daar is twee probleme met sy oproep. Ondanks Stof se direkte versoek dat hy sy korrekte telefoonnommer aan Stof voorsien om in kontak te bly, stuur hy slegs sy epos adres aan... Dan is die versoek dat Stof nou skielik self die rekords moet gaan soek, mos onmoontlik, want geen nie-werknemer, kan mos toegang tot Boekenhoutskloof se argiewe en kluis kry nie. 'n Verdere bekommernis is dat hy ook deurlopend foutvinderig en negatief is. Dat hy nie eerstens alles wat reg kan loop raaksien nie, maar alles wat volgens hom verkeerd is aan die saak. Hy het meer as een keer Stof se feite as suspisieus beskryf... Stof vind dit dus moeilik om hom te vertrou, want hy volg presies dieselfde wantrouige roete as Mpostoli Msiza en Naamloos Van der Merwe.
So is die oordrag steeds nie opgelos nie. Die datum vir die vervanging van die Navis kaart waarop Stof se ander bestuurslisensies voorkom, kom vinnig nader en daarom is dit noodsaaklik dat die saak binne 'n baie kort tydjie, afgehandel sal word.
'n Ander bekommernis wat uit die verloop van hierdie saak voortspruit, is die negatiewe gesindhede in so baie owerheidsamptenare. As ons in konsultasie met hulle waarmee ons geseën is om te mag dien is, is dit ons plig as 'n gelykgeskape medeskepsel om die goeie en die Goddelike afskynsel in elkeen wat Hy gemaak het, eerste te soek. Dit is nie ons plig om primêr die gekonsulteerde te bevraagteken, sy integriteit te bevraagteken deur menslike bewyse vir alles te vra en vir alles en almal buiten onssself, te probeer blameer vir die probleem nie. Dit is ons plig om daardie persoon wat in vertrou na ons gekom het, se vertroue waardig te wees en dit te respekteer. Dit is ons plig om deel van die oplossing te wees, en nie deel van die probleem nie. Stof kry met dosyne mense te doen wat deur ander verguis en veroordeel word, maar redlik vroeg in elke konsultasie, vind hy redelik maklik die positiewe, die mooi in daardie mens. Dan word die res van die konsultasie daarop gebou en die eina later aangespreek, slegs wanneer dit ter sprake kom.
As ons wat sonder vergoeding dienste kan lewer en so poog om te alle tye deel van die oplossing in elke situasie te wees, waarom het amptenare wat selfs 'n salaris kry, so min respek vir 'n gelykgeskape medeskepsel dat hulle altyd net die verkeerde, die slegte soek en as hulle dit nie vind nie, deur inkriminasie dit impliseer. WSJD?
TPA het nou reeds die oorspronklike toetsfooie van R380 by Boekenhoutskloof, R1500 se oordragfooie soos deur Sarel geïnisieër, R350 en 'n verdere R100 vir Dawid se ondersoek, sowel die uitreikingsfooie van R500 soos deur Daniël onderneem, in hulle sakke. Dit is bloedgeld vir 'n Moruti wat op stukwerkbasis werk. Dit is fooi waarvan 'n groot deel bygedra is deur welmenendes wat hom bygestaan het. Dit is 'n totaal van R2830, wat waarskynlik nog 'n voertuigpaaiement vir die DG van die TPA se DDM gedien het, maar steeds is daar geen teenprestasie nie. Destyds, toe Stof ook 'n staatamptenaar was, was ons doel om te dien. Wat het daarvan geword? En intussen, inkrimineer van die ander staatsinstansies hom omdat sy kwalifikasie volgens hulle bedrieglik sou wees. Eish!
Die doel van hierdie artikel is deels om die las van alleendra van my hart af te kry. Maar dit dien ook as broederlike vermaning aan elke naam wat genoem is wat deel van die probleemskepping is, en nie deel van die antwoord wil wees nie. Hierdie stuk dien ook as huldeblyk aan een enkele amptenaar, wat nooit opgegee het nie en steeds, tot op hede, deel is van die soeke na 'n oplossing. Mag haar beloning groot wees.
.
|