stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Slotte en Grendels
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Slotte en Grendels is 'n produksie wat jy net moet sien. Tydens die voorskou op 18 Maart 2008 het ek 'n paar gaste gevra wat hulle verwag, was daar uiteenlopende verwagtings. Almal is egter verstom toe die produksie nie gaan oor diefwering en tsotsies nie. Die slotte en grendels waarin ons ons eie denkwyses vasvang, ons eie inisiatief mee beperk, is baie meer as wat enige meganiese slot ooit kan wees. Drie vroue reis deur die metamorfose tussen selfsugtige en eiegeregtige tonnelvisie tot wedersydse begrip. Saam met hierdie begrip, kom ook begrip vir elkeen se eie binnekant. Die oomblik as ons deel en oopmaak teenoor ander, word ons bevry. Dit is 'n bevryding wat elkeen van ons na smag, maar nooit besef dat dit reeds binne ons bereik is nie. Deur filosofiese, humoristiese en biografiese segemente suksesvol in een produksie saam te gooi, slaag skrywer Tina Kruger daarin om 'n meesterstuk op die planke te bring. Dit word opgevoer deur Catherine Jones, Nedine Blom en Monica Burger. Regie deur Tina Kruger en finale regie deur Elma Postma bring daardie stukkie finale realisme in die stuk wat maak dat elkeen daarmee kan assosieer. Slotte en Grendels is nie sommer net nog 'n verskietende ster nie. Dit is 'n meesterstuk wat deur soveel as moontlik mense gesien moet word. Maar meer as dit, dit sal bevryding bring vir elkeen wat in haarself vasgevang is. Ons vertrou dat die span hulle weg sal oopsien om dit ook op DVD beskikbaar te stel en so aan nog meer kykers die geleentheid tot selfontdekking kan gee. Doen navraag oor wanneer hierdie verhoogproduksie naby jou speel deur hier te klik. Doen enige-iets, maar moet net nie Slotte en Grendels mis nie!
Die voorskou is ook bygewoon deur leerlinge van die Skeerpoort Laerskool wat saam met Marie Jones, hulle onderwyseres, hierdie produksie kom kyk het. Die kinders het getoon dat daar 'n gesonde belangstelling in sinvolle teater is. Ek glo hulle het hulle maats wat nie kon of wou saamkom nie, groen gehad nadat hulle vertel het wat hulle beleef het.

© Stof 2008/03/19

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.