5th Avenue Art: Mandi Engelbrecht wil jou lewe op kreatiewe wyse verryk
Mandi, 'n skilder wat reeds suksesvol met verskeie media geëksperimenteer het en elke keer suksesvol was. 'n Vrou wat deur die visuele kuns, jou lewe wil verryk. Die mooi van die skepping, op hierdie aantreklike wyse tot in jou woonarea wil bring. Jy sal kan kies tussen werke wat sy reeds voltooi het en dus in voorraad het, of haar versoek om 'n skildery volgens jou behoftes as bestelling te skep. Geen uitdaging is te groot vir hierdie kunstenaar nie. Sy het die talent, die vaardigheid, maar veral ook die aanvoeling vir haar klante, dat sy sonder twyfel, vir jou as haar gewaardeerde klant, sal kan bied wat jou kreatiewe behoefte is.
5th Avenue Art, Mandi se studio en opleidingsfasiliteit, is net die plek om te wees as jy jou skilder tegnieke wil ontwikkel en opknap. Mandi bied tans 'n skilderwerkwinkel aan wat fokus op Toskaanse werke en verwante skildertegnieke. Mandi is al dertien jaar in hierdie bedryf. Sy deel graag haar kennis met jou en help jou om jou onontdekte talente te ontdek of onontwikkelde talente te ontwikkel.
Mandi Engelbrecht is 'n kunsonderwyser, muurskilder, digter en liedjieskrywer. Sy fasiliteer ook vaardigheidsontwikkeling.As binneversierder en decorkonsultant, sal sy ook jou grootste verwagtinge oortref.
Besoek Mandi se webwerf by www.5thavenueart.co.za en neem so die eerste tree in die ontwikkeling van jou kreatiwiteit.