|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
JP is 'n kitaarman by uitstek. Hy komplementeer sy snaarwerk met stemwerk wat menige groen van jaloesie laat. Hy kan jou ook help om jou verskuilde talente te ontgin deur kitaarlesse vir jou aan te bied. Maak seker jy bespreek hom vir jou funksie. Sou jy hom as sessiespeler benodig vir jou eie CD opname, kan hy jou help teen 'n billike prys.
'n Profiel van JP
JP wou van klein tyd af kitaar (tikitaar) speel. Hy en sy maats het gereeld ‘n “show” gehou met hulle besemstokke en krieketkolwe as kitare.
Januarie 1998:
Op ‘n ouderdom van 13 het hy vormende vakke in kitaar geneem vir 6 maande. Sy eerste kitaar was ‘n stukkende kitaar wat hy persent gekry het. Hy het daaraan begin skaaf en timmer en kon uiteindelik gaan snare koop vir die kitaar. Wanneer sy maat kitaarlesse gekry het, het hy altyd saam gegaan om te kyk wat hulle doen, en sodoende homself geleer speel.
1999 – 2001:
Esmé Espag hom gevra of hy graag in die jeugorkes van Oosskool (Adiemaus) wou speel. Hy het die kans om in die jeugorkes te speel nie laat verby gaan nie. Die Adiemaus jeugorkes het aan verskeie kompetisies deelgeneem en uitstekend gedoen. Die hoogtepunt was toe hulle in die Staatsteater opgetree het tydens ‘n jeugdag in Pretoria. Esmé het voorgestel dat JP dromme begin speel. Sy het vir hom ‘n stel dromme geleen om by die huis te oefen (ouers en die bure se ore het daaronder gelei). JP het kitaar en dromme in die jeugorkes gespeel. Die groot jol op die dromme was tydens die oefenkampe, dan is daar goed geraas. Die orkes het verskeie toekennings gewen.
|
|
1999 – 2005
JP het elektriese kitaar en dromme in die NG Bendor musiekbediening gespeel.
November 2000 – Desember 2003
Speel in ‘n garage band (Frequency & Sleet)
2001
Die organiseerders van die Agapé kerk se musiekbediening gevra dat hy aansluit by hulle bedieding en was daar vir ongeveer drie maande.
2002
JP is genader deur Rita Erasmus om dromme te speel by NG Kerk Pietersburg Noord. Hy het die kans met ope hande aangegryp. Indien hy naweke kuier in Pietersburg word hy genader om te kom speel.
2004 - 2005
JP het in 2003 matriek geskryf, met die droom om ‘n klankingenieur te word. Weens finansies is sy droom vir eers op hou gesit. Aangesien hy nie ‘n permanente werk het nie, het Esmé Espag hom aangemoedig om sy musiek talent verder te ontwikkel, deur privaat kitaar- en dromlesse te gee en vir homself ‘n inkomste te genereer. Hy het vir so 10 studente les gegee .
JP se groot droom is om in sy eie “band” te speel en wêreld bekend te word. Hy het lank gesukkel om iemand te kry wat net so ‘n passie het vir musiek soos hy.
In Januarie 2004 het hy en twee ander musiekliefhebbers hulle eie “band” gestig. Die naam van die “band” was Psyanide. Hulle by Hanger18 & Catsmack Festivals gespeel en by die volgende klubs gespeel: Gamblers in Pietersburg, The Cave in Tzaneen en Tin Cup in Witbank. In Witbank het hulle saam met die Spoonfeedas gespeel. JP was die hoofsanger en het kitaar gespeel vir die groep. Hy skryf ook die ‘band” se eie lirieke en musiek. Psyanide het ontbind in Augustus 2005 as gevolg van werks verpligtinge van lede.
.
|