Jacques begin in 1995 op 8 jarige ouderdom met musiekopleiding. Hy was deel van die skool se slagorkes, wat aan verskeie Eistedfodds deelgeneem het. Hy het professionele musiekopleiding gehad op skoolvlak in klawerbord, kitaar en blokfluit.
Jacques speel klawerbord vanaf 1999 – 2002 in die Adiemaus Jeugorkes. Die Jeugorkes het aan verskeie kompetisies deelgeneem wat uitstekende uitslae behaal het. Die Jeugorkes het die voorreg gehad om in die Staatsteater op te tree tydens ‘n Jeugfees.
Jacques het in 2001 met die Unisa Graad 1 Klavierleerplan begin. In 2004 het Jacques die Hennie Joubert Meriete toekenning ontvang vir die beste Graad 5 leerling in die praktiese eksamen. In 2005 het hy ‘n ererol toekenning ontvang vir Graad 5 teorie.
Jacques doen klavierbegeleiding in die NG Kerk Bendor vanaf 2003.
Jacques speel ook by funksies en troues.
Jacques het in die Laerskool Pietersburg Oos se senior koor gesing wat die ATKV Applous kompetisie gewen het.
Sy repertoire bestaan uit 'n wye verskeidenheid klassieke en kontemporêre musiek