stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Caroline Bosch, 'n sangsensie wat die musiekwereld gaan omkeer!
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Musiek, Caroline en nagtegaal. Sinonieme in die ware sin van die woord. Caroline se musiekpassie kom al van kinderdae af. Op haar agtste verjaardag besluit sy mos: Sing gaan ek sing! En sedertdien het sy haar belofte aan haarself gehou. En vir ons wat luister, stem sy tot dankbaarheid, want haar musiek, is deel van die dinge wat die lewe kleur gee.

In 2001 waag Caroline haar talent op Zillertal se verhoog. Die resultate het haar self stomgeslaan. Dit het haar gemotiveer om te belÍ in 'n verdere sewe maande se formele stemontwikkeling. In hierdie tyd was sy gereeld op verskeie verhoŽ waar die gehore se reaksie bewys het dat sy op die regte pad is.

Na hierdie sewe maande het Caroline die studio aangedurf. Daar het sy haar debuutalbum, "Eiland van drome" opgeneem. Hierdie album het rekordverkope by haar optredes behaal.

Caroline wys in 2005 tydens die Afrikaanse Idols kompetisie vir menige van die 22000 deelnemers hoe daar eintlik gesing behoort te word. Uiteindelik het sy onder die finale vyftig geŽindig.

Tydens Supersterre 2004 en 2006, was sy by beide geleenthede onder die finale honderd. Hierna het Caroline haar album "Neusie verby" opgeneem. Die spontaniteit van hierdie album het tot gevolg gehad dat 'n groot gehoor, hulle daarmee kon vereenselwig. Caroline bewys hier dat sy graag inhoud aan haar musiek wil gee. Dit moenie bloot net nog 'n ritmiese geraas wees nie. Die lirieke moet tot harte spreek en die luisteraar weer en weer laat luister. Dit kry sy deeglik reg met haar seleksie van snitte.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Caroline interpreteer verskeie patriotiese musiekstukke op so 'n manier, dat elkeen wat dit hoor, haar interpretasie ter harte neem en sy of haar eie maak.

Caroline se anker is haar geloof in God. In Hom wat haar geseŽn het met 'n gawe wat elke mens wat haar hoor, se lewe ten goede aanraak.

Verskeie uitsaaier het gewys dat hulle goeie musiek waardeer. Caroline se musiek word gereeld gehoor op die DSTV kanale DKNT, KYKnet en Jukebox. Haar stem is ook gereeld op radiostasies soos Radio Pretoria, IFM, Rippel, Laeveld, Kragbron, Overvaal, Oosrand, Rosestad, Radio Oranje, Helderberg Stereo en Bosveld Stereo te hore.

Doen vandag nog navraag oor hoe Caroline ook in jou lewe, 'n positiewe verskil kan maak met haar treffende musiek.

© Stof 2008/04/19
.