stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Nadia, opwindende, spontane ster
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

So met die intrapslag by een van die vooraanstaande musiekwinkels loop ek my toe mos vas in hierdie vrou. 'n Klein pakkie groot dinamiet, met 'n stem wat my laat hoop dat Sarah Brightman 'n goeie aftreepakket het. Enkele weke later het ek die voorreg om 'n koffie met haar en haar man, Pieter te deel. En ons kuier 'n hond uit 'n bos uit. Buiten haar goue stem het sy toe nog 'n opregte en innemende persoonlikheid ook.

Nadia se Jongste produksie heet "Vir jou". En vir jou is dit beslis. Net die een vir daardie spesiale leë gaatjie in jou musiek-rak. Sonder pretensie of 'n oormaat digitale effekte slaag sy daarin om spontaan 'n nuwe klank aan bestaande musiek te gee. En net as jy dink sy kan jou nie verder verras nie, speel haar eie komposisies. Vars, opgewek en verrasend anders as die geykte styl van sekere van ons meer onlangs liriekskrywers

Met die snit "Lekker in Namibië" bring Nadia loslit maar gevoelvol hulde aan haar geboorteland. Daar waar sy in 1979 haar eerste klank gemaak het. Sedertdien het sy nog nooit opgehou om vleiende klanke te maak nie. Met "Rolbos" mag jy maar nostalgies raak, want min kunstenaars kan dit met soveel passie vertolk. Dis meer as net 'n vertolking, dit word deel van Nadia. En meer nostalgies is "Die nostalgie" 'n terugblik op sorgvrye dae toe tsotsi's nog net 'n ilusie was en mense nog mense was, en bo alles, toe mense nog mense was. Vir die wat verlang na ons grootste Afrikaanse treffers, is daar 'n medley wat jou voete onder jou uitslaan. Ek wei nie uit oor watter treffers daarin vervat is nie, want dan neem ek die verrassingselement uit die aankoop van jou besondere album! Country goggas, julle is ook nie afgeskeep nie. 'n Vars weergawe van Little Bitty laat jou tone krul van lekkerkry en vir 'n oomblik dink jy jy is in die hartjie van Texas.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Nadia se eie komposisie "Sonder jou" spreek tot baie harte. Dit verwoord die intense gedagtes wat gewoonlik so moeilik kom teenoor hulle wat spesiaal is vir ons. Deel hierdie snit met die een wat 'n verskil in jou lewe maak, en Cupido is oombliklik werkloos. En as jy dié persoon ekstra spesiaal wil laat voel, hoef jy net Nadia se "Beleef jou" te deel, jou eie te maak

Haar eie sangopleiding het sy gehad by Koba Wicomb, Lisbe Visser en Jaco Pieterse. Nadia het 'n verdere drie jaar formeel musiek gestudeer, met jazz as kern. Buiten haar optredes en album, deel sy ook haar kennis en musiekpassie deur musieklesse in stem, klawers en snaarinstrumente aan te bied

Sy het reeds 'n verhoog gedeel met Elzabe Zietsman, 'n Solo kabaret aangebied, 'n sleutelrol in nog 'n kabaret vertolk en op verskeie feeste en skoue opgetree met skouspelagtige gevolge.

Niemand kan dit dus beter stel as Nadia se eie perverklaring nie: Dit is lekker-luister Afrikaanse musiek met 'n knippie Country, vir oud en jonk

As jy dus binnekort 'n funksie reël, 'n smaakvolle kabaret wil geniet, of aan jou vaal funksie ekstra oemf wil gee, is Nadia net die regte oplossing. As jy gedink het jy het nie musiektalent nie, kan Nadia jou ook help om jou verskuilde talente te ontgin deur sanglesse, klawerlesse en kitaarlesse.

© Stof 2005/10/09
.