stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Natasja Lee, bruisende talent uit die hart
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Ek is Afrikaans. Ek is trots daarop! Met hierdie treffende woorde het Natasja die toehoorders reeds aan haar voete gehad nog voor sy n noot gesing het. Op n nat opelugverhoog het sy deur haar spontane kommunikasie met die gehoor, harte gesteel en deuntjies geplant wat nog lank in koppe gaan draai.

Natasja het daarin geslaag om n andersins grys, nat dag, weer kleur te gee. Die teleurstelling was duidelik sigbaar toe sy haar program afsluit. Op n dag waar sy saam met gevestigde sterre soos Bobby Angel en Mamma Country, oftewel Sally Vaughn, n verhoog moes deel, het sy op geen oomblik in een van hulle se skadus geval nie. Sy is as onafhanklike kunstenaar met net soveel applous beloon as hierdie groot name. Genadiglik was daar later di dag weer n geleentheid waar sy deur haar spontane en entoesiastiese verhoog-persoonlikheid, weer n vars geurtjie in die lug kon bring en haar gehoor kon vergas met n uitvoering wat saam met baie in hul harte huis toe geneem is.

In 2000 het sy haar eerste album die lig laat sien. Dit heet Just a little love Sy het op hierdie album reeds n unieke prestasie behaal deurdat sy nie bloot net vertolkings van n paar internasionale sterre gedoen het nie, maar van ons plaaslike topskrywers se liedjies. Dit het haar debuutalbum n voorsprong gegee bo die meeste ander debutante wat bloot maar klone van internasionale rolmodelle was en almal min of meer dieselfde sing en klink. Haar optredes het daarna momentum opgetel en mettertyd ook danspassies deur bekwame dansers ingesluit. Hierdie vrou het beslis die regte resep gevolg, want sy het in n kort tydjie, meer sukses en blootstelling gekry as wat ooit denkbaar was.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Deur n besondere liedjie uit haar eie hart, het sy n plek losgeslaan op die album 30 Goue sokkie treffers no 4, n voorreg wat min beskore is. Hierdie liedjie, genaamd Soen my! het die potensiaal om vir haar as liriekskrywer, ook geleenthede te skep wat ander haar slegs kan beny. Dit is n liedjie wat spontaan ontstaan het, uit haar hart, en reeds n kitstreffer is.

As hierdie liedjie reeds so n impak op die bedryf kon maak, is ek baie nuuskierig oor dit wat sy volgende gaan doen, want dit kan net nog beter wees. Tydens n uitsending van Steve Hofmeyr se program Dis hoe dit is, is Soen my gebeeldsend met verrassend positiewe reaksie.

Ander geleenthede waar sy die gehoor aan haar voete gehad het, was tydens 2001 en 2002 tydens Aardklop, waar sy onder andere op die Rapport, Huisgenoot en Beeld verhoog verskyn het. Haar musiek word ook gereeld op die kommersile senders uitgesaai. Verskeie vermaaklikheidsagente het reeds laat blyk dat hulle haar ook verder wil sien wen.

Op n jong ouderdom, waar ander gewoonlik nog net droom oor ridders op wit perde en weinig idee het van hulle toekoms, het Natasja reeds haar merk in die musiekwreld gemaak. Met haar sprankelende persoonlikheid, nederige afhanklikheid in God en vertroue in die talent wat sy ontvang het, is dit verseker nie die laaste keer dat sy gehoor sal word nie.

Haar jongste album, Ruk en Rol, is vrygestel en is beskikbaar. Maak seker jou musiekversameling is volledig deur jou kopie aan te skaf. Verryk ook jou lewe deur Natasja te bespreek vir jou volgende funksie of openbare geleentheid, en neem n sprankie verbasing saam met jou huis toe.

Natasja se album kan bestel word by Hetta Teesen. Haar optredes kan ook by dieselfde nommer bespreek word. Skakel vir Hetta by 0836880226 of 0119581686 vir meer inligting. Sy sal jou kan voorsien van enige inligting oor Natasja Lee wat jy nog oor gewonder het. Bespreek reeds nou, want binnekort gaan haar dagboek so vol wees, dat jy lank sal moet wag om hierdie sprankelster in jou midde te verwelkom.

© Stof 2003/05/13
.