Daar is baie oornagsensasies in die musiekwêreld. Die wat met een treffer die mark tref, vir 'n wyle die room oes, en dan verdwyn. Jessica is hier om te bly. Sy is 'n vrou wat glo in haar talent. Sy laat nie toe dat selfaangestelde voorskrifmakers haar intimideer met kunsmatige voorskrifte nie. Haar natuurlike talent is van so 'n aard dat sy nie deur valse skyn en vertoon, haar skare hoef te beïndruk nie. Hierdie vrou se talent strek oor verskeie genres. Daar sal iets vir elkeen in die gehoor wees as sy optree. Oud en jonk, fundamentalisties of liberaal, klassiek of lig, Jessica sal in elke hoorder se hart 'n plekkie steel.
Tussen September 1997 en Julie 2006 het sy reeds drie en dertig musiek-toekenning ontvang. Jessica sing in Afrikaans, Italiaans, Duits, Sotho en Engels. 'n Besondere hoogtepunt was toe Jessica saam met Tiro die 2007 Internasionale Golftoernooi vir vroue in Sun City geopen met hulle meesterlike duette en solo's. Hierdie optrede is internasionaal gebeeldsend.
Maak seker jy doen sommer nou navraag oor haar optredes, haar albums en die verskil wat sy op jou funksie kan maak!.
Vir navrae of besprekings, epos jou navraag aan magda@vuurvlieg.co.za