stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Jacques Botes
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Jacques Botes het dit weer gedoen. Hy het 'n vol ouditorium getrek in die middel van die week.

Gaan lees gerus die volledige resensie van hierdie meesterproduksie soos dit in Maart verlede jaar reeds, 'n vol teater getrek het... Hierdie verhoog huldeblyk aan Koos du Plessis het steeds geen enkele stukkie van sy bekoring verloor nie. Saam met Sanť wat Jacques ondersteun het met haar in die kol harmoniŽ en solo's, bring hierdie stuk steeds nostalgie in elke luisteraar. Waar ander stukke na byna 'n jaar op die planke, dikwels sprankel verloor, is Bondgenoot steeds besig om net nůg gewilder te word.

Hierdie geleentheid het egter 'n ekstra tikkie hartskos ingehou vir elkeen wat so bevoorreg was om daar te kon wees. Christelle Steyn se virtuoosvingers was verantwoordelik vir die gevoelvolle klavierbegeleiding. Vingers wat elke lied se emosie perfek kon weergee op die teater se volgroote vleuelklavier.

Thys Streicher en Jacques het 'n duetweergawe van Koue Vuur gelewer. Thys het hier bewys dat hy inderdaad 'n veelsydige kunstenaar is. Elkeen wat die duet gehoor het, sal saamstem dat Thys se interpretasie van hierdie lied, presies dit was, wat Koos self daarmee sou wou doen. Welgedaan, Thys en Jacques!

Jacques het ook by hierdie geleentheid sy album waarop hierdie Koos Doep treffers pryk, publiek bekendgestel. Jy het dus geen verskoning nou meer om nie Jacques en sy musiek in jou sitkamer in te nooi nie.

Hierdie reis deur nostalgie en onthou, is aangebied in 'n knus, maar goed toegeruste teater. Die Lemon Jack Teater in Raslouw is 'n weggesteekte juweeltjie wat ditself ideaal leen tot die aanbied van hartsgoed. 'n Atmosfeer wat elkeen dadelik laat tuis voel het soos wat hulle gešriveer het.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Die gebou is ruim. Die sitkamer gemaklik en uitnodigend. Die diens van Christelle en Mathys getuig van toewyding. Voor die aanbieding was daar sjerie, koffie en wyn beskikbaar vir die gaste. Na die vertoning is die gaste bederf met 'n verskeidenheid broodjies en konfyte sowel as vleissmere en selfs die opsie van biltong. Lemon Jack bied buiten die teater, ook twee opname-ateljees en goed toegeruste konferensiegeriewe. Die gastehuis is binnekort in volle bedryf en beloof jou daardie rus te gee wat jy tydens 'n wegbreek sal nodig kry.

Jou huiswerk vandag is dus om vas te stel waar en wanneer Bondgenoot weer op die planke is. Daarna om jou plek nou reeds te bespreek. Maar intussen het jy genoeg tyd om Jacques se album aan te skaf en so jou eie kultuuropvoeding op datum te bring. Besoek ook die Lemon Jack en maak 'n nota in jou dagboek om jou volgende funksie daar te bespreek.

© Stof 2010/08/21
.