stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Johann Visser deel met hart en stem
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Johann het in die Verre Noord Transvaal grootgeword en is in sy hart steeds `n liefhebber van die ongeskonde veld. In sy jongmens jare het sy sang nie baie aandag gekry nie buiten `n paar keer wat hy in die kerk opgetree het. As lid van `n baie musikale gesin het hy egter `n liefde en waardering vir musiek ontwikkel. Vir hom was die sing in die motor as hy langpad ry genoeg ontvlugting, veral as die lewe gedruk het.

`n Vriend het einde 2005 hom hoor sing en dadelik voorgestel dat hy werk maak van sy talent. Johann se stem het `n volwassenheid ontwikkel wat hom plaas in `n klas waar hy met van ons top tenore kan skouers vryf.

Hy sing hoofsaaklik ligte Afrikaanse en Engelse liedjies en is veral lief vir die musiek uit die veertiger tot sestiger jare. Sy vol ronde stem voer jou mee en jy moet keer of jy begin saam sing. Hy se dat wanneer hy optree dit vir hom baie lekker is as die gehoor saamsing en so sy musiek met hom deel.

'n Paar van die nommers in sy repertoire is:
Words
Liefling
The wonder of you
She
Have I told you lately that I love you
Let it be me
She`s a woman
The wedding
My friend the wind
My prayer
Twilight time
You’ll never walk alone
The Lords Prayer
Whispering hope
Love story
Unchained melody
Bachelor Boy
The last Waltz
He’ll have to go
Where the girls are
Moonriver
Can’t help falling in love with you
I Believe
Green Green Grass of Home
Yesterday
Walk away
Let me be there
Exodus.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Hy hou daarvan om geestelike liedere te sing en sal na enige ander nommers soos versoek na kyk. Voel vry om om Johann by 0829281919 te skakel vir besprekings en besonderhede

Klik hier om per epos navraag te doen of jou bespreking te maak.

© Stof 2007/01/20
.