stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Brenda Burnit
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Brenda se album: Strong in the broken places

Brenda se solo album Strong in the broken places, is op 'n glansgeleentheid in die Performer Teater op 5 November 2007 vrygestel. Dit bestaan uit 12 treffers wat wissel van gesonde Afrikaanse Rock tot lekker nostalgie wat 'n mens lang paaie terug laat verlang. Brenda het ook gewys dat 'n vars interpretasie van verskeie bestaande treffers moontlik is en sy nie soos die oorspronklike kunstenaar hoef te klink wanneer sy hulle goed afstof en polleer nie.

Brenda foto 42
Dit is 'n lekkerlusiter album. Kom dans saam as jy wil, of sit terug in jou stoel en drink elke stukkie van hierdie trefferproduksie in. Vir die volledige resensie oor Strong in broken places, klik hier. En maak seker jy skaf jou eksemplaar spoedig aan.
Brenda op Huis vir Afrikaanse Posie se verhoog
Brenda bekoor die gaste by Huis vir Afrikaanse Posie

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Biografie

Brenda Foto 34

Brenda is nie maar net nog 'n interpreteerder nie. Ook nie 'n stemmetjie wat wegraak in die menigte nie. Haar sukses is gesetel daarin dat sy al haar werke self skryf, of unieke verwerkings van nuwe komposisies lewer. Niemand kan haar daarvan beskuldig dat sy op die rug van bekendheid van ou treffers ry nie. Omdat sy die gevoel, die emosie ken van die stukke wat sy vertolk, is dit 'n unieke ervaring vir haar gehoor. Dis duidelik dat elke woord, elke frase bedoel word. Daar is geen greintjie oneerlikheid in Brenda se musiek nie. Sy bedryf Afrikaanse rock op so 'n manier dat alle ouderdomsgroepe dit sal waardeer. Onmiskenbaar rock, tog ook nostalgie, en bowenal, 'n eerlikheid en energie wat die vaalste verhoog weer kleur sal gee. Jy sal in haar werke ook 'n stukkie van jou lewe herken!

Brenda skryf uit die hart. Vanuit ervaring deur haarself of ander na aan haar. Haar repertoire bestaan uit treffermusiek oor relefante lewenservarings.

Enkele van Brenda se treffers is:
Tevergeefs
So maak jy my vry
In my kop
Boosaard
Moun Moun
Afrika
Lanie
Anna Johanna
Voete
Bye my Pop

Brenda foto 31

Optredes

Brenda Foto 40

Brenda wil haar deur haar musiek haar lewens-insig en -interpretasie met jou deel. Sy is beskikbaar om aan enige funksie of spesiale geleentheid, unieke karakter te gee. Vermaaklikheid uit die boonste rakke, eerlikheid wat jou hart sal aangryp. Klik hier om haar te bespreek of navrae oor haar dagboek te rig. Maar moenie sloer nie, hoe later jy bespreek, hoe voller is haar dagboek. Maak Brenda deel van jou leefervaring. Bespreek haar vir jou volgende funksie, groot of klein. Dit sal 'n funksie wees wat jy en jou gaste nooit sal vergeet nie.

Enkele lirieke

AFRIKAner

Vers 1:

Ek is gebore in n land
Wat skaam was vir sy donker kant
Ek is vir bedrieg en vir gelieg
Deur n klomp ou omies met boepe en baarde
Net so jy weet my leier is swart
En ja hy was ook in die tronk maar nie vir haat

Koor:
Want ek is n Afrikaner
En op hierdie vasteland
Is my siel diep ingegrou
In die aarde vas geplant
Ek is 'n Afrikaner
En ek is nie wat jy verwag
Ek het my siel hier ingegrou
In di aarde vas geplant

Vers 2:

Ek weier om te vat jy gee
Jy hou aan try en ek bly se nee
Ja ek hou van braaivleis in my agterjaart
Ja ek laaik koeksisters by my tee

(Koor)

Vers 3:

Hierdie song is nou geskryf
Vir almal van julle wat in in stereotipes vaskyk
En vir almal van julle wat stereotipes veroorsaak
Ek wens julle wil julle bekke hou

Vers 4

Ons lewe in n tyd
Meeste van ons is ons identiteite kwyt
Al wat ek vandag vir jou wil s
Wees wie jy is en laat die res maar l

Koor:
Want ek is n Afrikaner
En op hierdie vasteland
Is my siel diep ingegrou
In die aarde vas geplant
Ek is 'n Afrikaner
En ek is nie wat jy verwag
Ek het my siel hier ingegrou
In di aarde vas geplant



© Stof 2006/03/19
.