stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Hennie Du Preez se album, Net jouself
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

So tussen die geraas van 'n voorspelbare doef doef deur vertel 'n sestienjarige my dat geen beskaafde mens musiek kan maak in Afrikaans nie. Vergeet nog van partytjie hou. Vertel 'n ander alwetende my toe dat Afrikaanse musiek slegs dansbaar is as dit oppervlakkig, niksseggend en 'n herhaling van een frase is. En hier in my mou lag ek, want ek sit met 'n vuurwarm nuwe album van Hennie du Preez in my arsenaal. Ek sou graag dié twee se gesigte wou sien as ek die skyf inglip in die klankstelsel en die mense op die dansbaan skielik begin lewe kry - in Afrikaans!

Hennie du Preez: 'n baanbreker. Hy breek met 'n indrukwekkende debuut uit uit die konvensie van oppervlakkige dansmusiek en skep 'n nuwe ervarings-dimensie vir sy luisteraar. Die meeste van die snitte op sy album het hy self geskryf. Daarom het dit 'n eerlike aanslag wat tot jou hart sal spreek. Hy weet presies wat hy wil sê met elke snit en slaag uitmuntend daarin. Op die snitte waar hy bestaande musiek herinterpreteer, gee hy weer 'n vars dimensie aan musiek wat andersins al oud en voorspelbaar begin word het. Die samestelling van sy album is goed beplan. Daar is werklik iets vir elke luisteraar. As jy nostalgie wil ervaar, is daar snitte wat tot jou hart en sentiment sal spreek. As jy wil dans, maar moeg is vir sinnelose herhaling en vervelige ritmes, is daar vir jou voetejuk-lekker musiek om jou deur die nag te laat dans. As jy bang is vir iets nuuts, is daar bekende en beminde snitte spesiaal net vir jou.

Daar is 'n eerlikheid in Hennie se musiek. Anders as soveel kunstenaars wat fiktiewe storielyne in hulle musiek het, spreek Hennie se eie komposisies van werklike lewenservarings. Daarom gryp dit elke keer die harte aan van dié wat luister. Die gebruik van digitale effekte is ook minimaal omdat dit onnodig is om 'n kunstenaar met soveel natuurlike talent elektronies beter te laat klink.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Hennie tree op die oomblik tussen drie en vyf keer per week op. Hy tree landswyd op en is beskikbaar vir uiteenlopende funksies. Sy veelsydigheid en fyn aanvoeling vir die gaste se behoeftes waarborg dat jou funksie 'n sukses sal wees met hom as gaskunstenaar.

Skakel nou vir Sanet by 0824550209 om Hennie te bespreek terwyl daar dalk nog 'n plekkie in sy dagboek oop mag wees. As jy te lank wag mag jy dalk net teleurgesteld omdraai.

Sy albums is binnekort by geselekteerde verkooppunte beskikbaar. As jy egter intussen die massas wil voorspring om jou eie kopie te kry, skakel vir Sanet by 0824550209 om jou kopie aan te skaf voordat die voorraad dalk net uitverkoop is.

© Stof 2007/12/12
.