Woorbedienaars, konsultante, terapeute en enige persoon wat vertrou word met ‘n ander se pyn en belydenisse, hierdie nota is vir julle.
Geen menslike owerheid kan en mag jou versoek of dreig om inligting oor ‘n konsultasie of die gekonsulteerde nie. Dit sou neerkom dat hulle hulself vergryp aan die gesag wat Vader soms tydelik aan hulle leen, deur hierdie geleende gesag teen die Gewer daarvan te probeer gebruik. Deur toe te gee aan die versoeke of druk, maak die een wat uitpraat, hom net so skuldig aan dié vergryp, en daardie persoon, sal self voor Vader moet rekenskap gee oor die misbruik van rentmeesterskap.
Moet julself dus nie skuldig maak aan die vergrype van die gesag waarmee Vader ons van tyd tot tyd toerus, met die uitsluitlike doel om te dien nie.
‘n Vertrouling wat nie te vertrou is nie, het BAIE te bely.