|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Stingray Auto se besigheidsetiek
|
|
| | |
|
'n Berig deur Johann Visser
03/10/2011 Oggend neem motor na Stingray met klagte oor die CV’koppelings wat raas. Vra dat die persoon in beheer moet kyk wat fout is en dan ook na die voorwiellaers(bearings) moet kyk.Hy noem dat CV’S herboud beskikbaar is teen ongeveer R680-00 elk sonder BTW. Ek sê toe dat ek die prys kan betaal omdat ek voorsiening gemaak het daarvoor.
Die middag na werk gaan ek daar aan en vind dat my motor uitmekaar gehaal is en dat volgens die “mechanic” sal al die wiellaers voor en agter vervang moet word. Hy gee my ook ‘n kwotasie vir die CV koppelings en dring daarop aan dat ek nuwes moet oorweeg. Volgens die kwotasie kos dit R6533.00 vir die regterkant en R6206-00 vir die linkerkant.
Die wiellaers voor kos R545.88 elk dus R1091.76 vir die voorkant. En dan agter teen R635.62 elk dus R1271.24 vir die agterkant.
Hy sê ook dat die “balljoints” en “tierod ends” vervang moet word. Hy maak toe ‘n Faktuur uit wat in totaal meer as R20,000-00 beloop. Ek sê toe dat ek nie daardie soort geld het nie, en dat ek met die handelaar wat die motor aan my voorsien het gaan gesels.
04/10/2011 Gaan terug na Stingray Auto en sê dat ek ander alternatief moet oorweeg hy deel my toe mee dat omdat my motor so uniek is daar nie herboude CV’s teen die gewone prys beskikbaar is nie en dat dit nou R3000-00 per kant gaan kos vir die herboude CV’s. Omdat dit so duur is sal hy my tegemoet kom en al die herstel werk dws al die CV’S wiellaers asook die “balljoints en tie-ros ends” asook elektriese fout wat ek het en ook die lekkende agterrem seël sal herstel vir R8400-00. Ek noem aan hulle dat die handelaar reeds die agterste wiellaers nuut vervang het waarop hy my meedeel dat hulle lieg want dit wat in die motor is, is geroes.
|
|
Dit is vir my vreemd dat hulle nou bereid is om steeds aan my motor te werk al kos die onderdele meer as die prys waarmee hulle tevrede sou wees. CV’s teen R6000-00 wiellaers teen R2363-00 en dan nog die remvloeistof seël op die agterwiel die “balljoints en tierod ends” asook die elektriese probleem wat ek het. (Remligte, tru rat lig asook die Toeter.)
Ek vra dat hulle nog moet wag omrede ek voel dat as my motor in so ‘n slegte onpadwaardige toestand is ek beslis my saak met die handelaar moet opneem. By die handelaar raak ek in ‘n dispuut en dreig met regsaksie. Woensdag : Ek is egter desperaat en trek toe R4000-00 gee dit vir hulle en sê tog dat ek ‘n probleem het met die prys wat hulle vra vir die CV’s. Die eienaar dreig my toe met ‘n 20% hanteringsfooi daar hy reeds die parte bestel het. Ek vra hom om asseblief te wag.
Donderdag . Ek gaan praat weer met die handelaar en hy sê dat ek die CV.s vir hom moet bring. Hy bel my rukkie later en sê dat hy wel die CV’s kan laat doen en wel vir die bedrag van R680-00 sonder BTW per kant. Ek bel toe Stingray en sê dat sou sy leweransier hom met 20% tot die bedrag van R1200-00 straf dan sou ek dit eerder betaal as wat sy duur parte sou gebruik. Hy noem my dat die leweransier reeds daar was om die CV’s te kom haal vir herbouing. Ek dring toe daarop aan om dit terug te bring sodat ek dit kan neem na die handelaar vir herstelwerk. R1500-00 plus R1200-00 (R2700-00) is steeds goedkoper as R6000-00.
Vrydag; Oggend gaan haal parte by Stingray Auto en vra die werkswinkel voorman of daar iemand was wat die CV’s kom haal het waarop hy my antwoord en sê dat daar niemand was nie.
Ek is kwaad en neem ernstig aksepsie dat daar so vir my gelieg word. Die middag gaan haal ek die herstelde CV’s en lewer dit af by Stingray Auto. Hier word ek meegedeel dat die werk substandaard is en dat hulle nie goed voel om sulke parte in my motor in te sit nie. Ek het toe vir die man gesê dat ek daarop aandring dat hy die parte gebruik daar dit al is wat ek kan bekostig sou daar probleme met die CV’s wees sal ek dit self met die herbouer opneem. Saterdag sien ek hulle werk en vra wanneer sal my motor klaar wees. Hy sê toe dat die motor binne omtrent ‘n uur en ‘n half sal klaar wees. Ek gaan later en toe ek die motor wil neem eis hulle nog R1450-00 van my omdat ek hulle dit nou skuld. Ek mag nie die motor neem alvorens ek hulle die bedrag betaal nie. Onder protes was ek verplig om nog R1450-00 te trek en aan hulle te gee.
Ek het gevra vir die parte wat hulle vervang het maar tot en met hede 12/10/2011 kon hulle my nog nie van die parte voorsien nie.
Toe ek die man Sondag by die werkswinkel kry en vra vir die parte sê hy aan my dat hulle dit op ‘n hoop gooi en dat iemand wat ‘n sleutel vir die werkswinkel het die yster en parte vroeg op ‘n maandag oggend kom haal. Sondag laat ek ‘n nota waar ek eis dat hulle die vervangde parte aan my sal voorsien soos wat die wet vereis.
Vanoggend toe ek weer daar was vir die parte het hy orals in die werkswinkel geloop en krap en soek, sonder om die parte vir my te kan gee. Ek sê toe dat hy dalk die fakture of die nuwe parte se houers daar sal hê, maar hier het hy steeds voortgegaan om orals in die werkswinkel te krap. Laat weer ‘n nota waar ek aandring op die parte en meld ook dat nadat hulle aan my remme gewerk het my ABS stelsel nou ook foutief is. Hy sê dat hy my sal bel sodra hy die vervangde parte het. (geen oproep ontvang nie.)
Gevolgtrekking hulle het my maandag reeds genoem wat herboude CV’s kos nl R680-00 sonder BTW. Toe hy tegemoedkomend meedeel dat die eksklusiewe voertuig wat ek ry se parte heelwat duurder is om te herbou het ek hom geglo.
Maar omdat hy bereid is om saam met die duurder herboude parte vir my al die ander werk gratis te doen is baie verdag.
Sy laaste nota agter op die “JOB CARD” lees as volg.
Wheel Bearings = R2400-00
Handling fee = R1200-00
Labour = R 950-00
// R4550-00
Ball joints R/C R450-00
Tie Rods R/C R450-00
Totaal R5450-00
Let wel dat hier voortaan geen meer BTW bedrae ter sprake is nie. Maar toe hulle die eerste faktuur aan my gelewer het het hy pertinent BTW bygetel by die hoofbedrag. Ek vermoed dat sou hulle bearings vervang het sou dit slegs die voorste wees en pertinent die aan die een kant. Vir die res het ek glo ek betaal vir parte wat nie vervang is nie. Johann Visser 012 346 3554 0718832365 Na verneem word is ek nie die enigste persoon wat hier uitgebuit is nie. Sou u vir nog reaksie vra gaan daar beslis wees. Saterdag was daar persoon met Jetta wat voorste Skokbrekers vervang het. Maandag oggend was hy daar met sy motor met albei skokbrekers wat bo uitgeskeur het waar hulle vasgeheg was.
Hieronder die tersake dokumente:
©
Johann Visser
Epos: johanv@klanke.co.za
Webwerf: www.kookwater.klanke.co.za/knsr/knsr0001
.
|