Trieng trieng. En sy antwoord. Presies opgelei om woord vir woord te sê wat haar baas haar geleer het. So gebreinspoel met haar opdragte dat sy nie hoor wat die oproeper sê nie.
"Wosbill en Bilkie, Parlement tak - dankie vir u oproep, waarmee kan ek u behulpsaam wees"
"Dis Stof hier, sal jy my asseblief na die hoofnar toe deurskakel."
"Hy is net besig op die oomblik, meneer, sal meneer 'n bietjie aanhou?"
"Ek weet nie of die meneer sal aanhou nie, maar ek sal wel"
"Ek verstaan nie?"
"Ek het toe jy gevra het of jy my kan help gesê 'Dis Stof hier', Nie 'Dis Meneer hier' nie.
"Ek weet meneer"
"Nou noem my dan soos ek myself voorgestel het. As my naam meneer was sou ek so gesê het"
"Goed Meneer"
Horende doof, deur gewoonte gebreinspoel luister baie hulptoonbankpersoneel en ontvangsdames nie 'n woord wat die oproeper sê nie. Word die oproeper op 'n titel aangespreek terwyl hy homself tog duidelik geidentifiseer het toe sy geantwoord het. En so word die identiteit van die oproeper geminag deurdat sogenaamde profesionele kommunikators nie kennis neem van hul oproepers se name nie. Dan die humor, hulle is ontsteld as jy hulle vra vir die kompetisie se telefoonnommer, want dalk word jy daar as mens raakgesien.
As jy in 'n pos is waar jy die eerste kontak na buite is, toon tog respek vir jou oproeper se identiteit. Dit skep 'n baie slegte beeld van jou werkgewer as jy nie 'n klant se essensie respekteer nie. As jy aanhou karring met 'n formele aanspreekvorm wat jou klant die indruk gee dat jy hom wantrou, gaan jy ook nie sy vertroue wen nie.