stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Soettand geeste en goggas
Koninkrykswerkers word aankope geweier...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Dit is Donderdagoggend, 22 April 2010. ‘n Dankbare begenadigde praat met sy Pa oor voorsiening vir projekte wat tot Sy eer moet geskied. Hy stort sy hart uit teenoor Hom en vra dat Hy asseblief sal voorsien in wat nodig is om bepaalde take waarvoor Hy sy kind geroep het, uit te voer.

Dieselfde middag. ‘n Noot word voorsien. Vanaf ‘n bron wat op geen menslike manier sou kon weet van hierdie behoefte nie. Die een wat gevra het, is dankbaar. Hy bring sy Pa al die eer wat Hom toekom daarvoor. Nou soek hy wysheid oor waar om die middele te gaan aanskaf. En hy dink aan Sunrise Sweets, Ou Mutual Park in Roseville. Hy reël vervoer, en sien met dankbaarheid dat dit wat nodig is, wel teen baie billike prys op die rakke is.

By die betaalslag is die totaal heeltemal binne die begroting. Dis toe nou net daar waar die duiwel sy kop insteek. Of dalk nie. Die kassier kyk die takhaar Moruti een kyk. Besluit hy is ‘n tsotsie en weier om die Godgegewe geld te neem. Sy sê dis eg, maar gee die bank die skuld dat sy dit nie kan neem nie. Sy beskuldig die arme bankbestuurder, wat nie eers daar is om homself te verdedig nie, dat hy sou opdrag gee dat die note nie aanvaar word nie.

Soos wat die Moruti die wonder agter die voorsiening van hierdie groot stuk genade verduidelik, vertel die kassier net dat sy nie belang stel om dit wat die Here so mildelik voorsien het, te aanvaar nie. Dat Hy dalk ‘n vervalser mag wees! Omdat die eer van sy Pa aangetas is, gesels die Moruti toe bietjie met haar. Maar sy glo vas, die hoogste gesag is nie ons Pa nie, maar ‘n menslike bankbestuurdertjie. Toe hy haar vra of sy dan nie saamstem dat dit Godslasterlik is wat sy sê nie, probeer sy die bestuurder betrek.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

So kom ‘n knaap met die naam Warren daar aan. Hy maak dit duidelik dat hy nie enige gesag bo homself aanvaar nie. Dat hy die outoriteit het om die Here se voorsiening as minderwaardig te beskou. Dat hy en sy superieure menslike denke, meer wysheid bevat as wat ons Skepper ooit sal kan hê, Dis toe daar dat die Moruti besef, die duiwel het hier ‘n deur probeer toegeklap. En hy besef dadelik, sy Pa gaan beter deure oopmaak. Deure waar hy dieselfde of beter negosie sal kan kry vir Koninkrykswerk, wat wel met 'n seën gepaard sal gaan. Hy besef ook, dat al sou iemand anders daar teenwoordig aanbied om met alternatiewe note te betaal, die negosie egter nie daar met ‘n seën sal kan uitgaan nie. Bloot omdat daaroor ‘n vloek oor gespreek is toe ons Pa se outoriteit in die gedrang gebring is.

So is die Moruti huis toe. Sonder die negosie, maar steeds met die genadige noot wat Pa voorsien het. Hy vertrou sy Pa nou om hom te wys waar om die negosie te gaan kry. Daar waar dit met ‘n seën, gelewer kan word. En met opgewondenheid sien hy uit na die openbaring van Pa af, oor waar hy soveel meer of beter sal kan kry, vir dieselfde waarde. Ons Pa is getrou. Hy sal nie Sy werk laat skade ly nie.

Die tragiek is dit: Takbestuurders van winkels besef nie dat die bietjie menslike outoriteit wat hulle daar ontvang het, nooit meer as die van die Gewer daarvan kan wees nie. Van hulle, soos wat Warren hier gedoen het, toon dat hy geen ontsag vir die Gewer van sy bietjie gesag het nie.

Die mens is geneig om maar net toe te gee, want ‘n ou bankbestuurdertjie het gesê dit moet so wees. En dan koop hulle maar ‘n produk wat, deur Godslasterlike uitlatings nie meer ‘n seën op het nie, ten bate van die Koninkryk. As daar daarna in die bepaalde bediening iets verkeerd loop, dan wonder hulle skielik hoekom...

Ek nooi Warren uit om, na hy bietje stil gaan raak het en tot besinning gekom het, hier te reageer. Die doel van hierdie insident, was dalk tweërlei. Eerstens om te toets of die Moruti sou van voor menslike druk en so die Koninkryk te onteer. Tweedens om, deur hierdie broederlike vermaning, dalk tog ‘n inspraak in veral die kassier en Warren se lewens te moes maak.

Miskien weet ons nooit waarom die situasie moes gebeur nie. Maar dalk kan ons tog binnekort met dankbaarheid getuig, dat die doel hieragter, deur ons Pa aan ons geöpenbaar is. En dan kan ons met dankbaarheid terugkyk en Hom al die eer gee, vir die beter voorsiening wat Hy bewerk het.

Soli Deo Gloria.

Hiermee dan die ononderhandelbare belydenis: Ek erken God Drie-Enig as die enigste oppermagtige Skeppergod van die heelal. Ek erken sy outoriteit bo enige ander outoriteit. Ek aanvaar met dank die offer van Sy seun, Jesus Christus, wie Hy gestuur het om ons te bevry van die ewige dood. Ek onderneem om Sy eer bo alles te stel, en ons te alle tye oop te stel vir Sy inspraak en opdragte in ons lewens. Aan Hom al die eer! Op aarde en regoor die totale heelal.

Die Here sal jou seën en jou behoed.
Die Here sal Sy aangesig oor jou
laat skyn en jou genadig wees.
Die Here sal Sy aangesig oor
jou verhef en aan jou
vrede gee.
Num 6:24-26


© Stof 2010/04/22
.