stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Raakgeleesde waarhede...
Lewenswyshede van wyse mense
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad

Op hierdie blad, deel Stof wyshede wat hy in sy daaglikse omgang hoor of raaklees. Dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het.

- As jy besig is om te verdrink, moenie vrees nie. Jou Lewensredder kan op water loop.

- Moenie lag vir jou vrou se keuses nie. Jy was een van hulle...

- Die Woord sÍ nooit "Werk dit self uit" nie. Die Woord sÍ "Vertrou vir Vader".

- Om 'n ander se kers dood te blaas, sal nie joune laat helderder brand nie.

- Ek het nie tyd om hulle wat my haat, te haat nie. Ek is te besig om hulle wat vir my lief is, lief te hÍ.

- As jy God bevraagteken, doen jy dit met die breinselle wat Hy jou mee geseŽn het...

- Iemand skel my uit en sÍ ek moet groot word. Raai wie gaan ek nie meer in my boomhuis toelaat nie?

- Wedergebore mense is nie gebreinspoel nie. Hulle harte is gespoel deur Jesus se bloed.

- Uit 'n ANC persverklaring: "Ons kan nie toelaat dat Julius Malema wetteloosheid saai en vals beloftes maak nie. Dit, is ons taak."

- Party mense is so arm, al wat hulle het, is geld.

- Moenie kla oor jou onbeantwoorde gebede nie. Dank Hom vir al die gawes wat Hy gee sonder dat jy daarvoor vra.

- Net 'n motorfietsryer sal verstaan waarom 'n hond sy kop by die voertuigvenster uitsteek...

- Brakpan se honde staak. Hulle wil 'n hond as burgemeester hÍ.

- Politici en weggooidoeke moet beide gereeld verwissel word. Om dieselfde rede...

- This stor is not open tody becos it is closd. By Meneja

- As jy voor Jesus kniel, kan jy staan voor enige man.

- Om die Bybel te ken, is een ding. Om die Outeur te ken, is die ideaal.

- Geloof is nie om te glo Vader kan nie, dit is die wete dat Hy sal.

- As jy hulp nodig het, vra God. As jy nie hulp nodig het nie, dank Hom.

- Moenie my onderskat nie. Ek weet meer as wat ek sÍ, dink meer as wat ek praat, en let meer op as wat jy dink...

- Pasop vir kunstenaars. Hulle meng skaamteloos met alle sosiale klasse...

- Die pad na sukses is geplavei met koffiebone.

- Die minister van finansies het sopas 'n subsidie vir Boswell en Wilkie aangekondig. Dit is om te vergoed vir die verliese weens die kompetisie tydens parlementsittings...

- Niemand sien jou trane. Niemand merk jou hartseer. Niemand voel jou pyn nie. Maar hulle sien al jou foute...

- Kort mense is gemotiveer om altyd op te kyk in die lewe.

- GeseŽnd is hulle wat drukkies uitdeel, trane afdroog en alles vergewe, want hulle sal ouma's genoem word.

- Ek is 'n feilbare mens, bemin deur 'n volmaakte God.

- Psigiater: Is daar enige mense in jou familie wat ly aan psigiatriese siektes? PasiŽnt: Nee, dit lyk of hulle dit geniet...

- Die wat altyd jou foute uitblaker, doen dit omdat hulle nie jou gawes kan hanteer nie...

- 'n Prins op 'n wit perd ken nie harde of vuil werk nie...

- Vader roep nie die gekwalifiseerdes nie. Hy kwalifiseer die gewilliges.

- Sarkasme werk, omdat dit onwettig is om mense se nekke om te draai...

- SCAMRALL se leuse: As jy nie slaag nie, velaag jou standaarde.

- Liewe skoonma, jy hoef my nie te leer he om my kinders groot te maak nie. Ek is getroud met een van jou eie kinders en hy is nie juis 'n getuigskrif vir jou sukses nie...

- Om oud en wys te wees, moet jy by jonk en dom begin.

- Ek gebruik nie Google nie. My vrou weet alles...

- Moenie my vertel wat HULLE oor my gesÍ het nie. Vertel my wat JY gesÍ het om my te verdedig...

- Om vet te wees, is nie die ergste wat jou kan tref nie. Jy kon skoorsoekerig, jaloers, vlak, ydel, vervelig, boosaardig, of wreed gewees het. En daarvor, is daar nie 'n dieŽt nie.

- Wees vriendelik met onvriendelike mense. Hulle het dit die nodigste.

- Wees geduldig. Elke ding kom op sy tyd. Die windpomp gaan soek nie die wind nie.

- Tuis is waar die hond se hare oral te vinde is, behalwe aan die hond...

- Maak vandag nog jou bydrae tot korrupsie: Registreer 'n e-tol rekening .