stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Redcactus Webplaas
'n Gerusstellende diensleweringservaring
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Die naam kaktus roep gewoonlik 'n prentjie op van 'n stekelrige ervaring. Daardie plant waarop jy nie per ongeluk moet gaan sit nie... Redcactus het bewys, dit hoef nie so te wees nie. In September 2013 stap Stof mos in by hulle kantoor. Sam weet net hoe om 'n lekker koppie koffie te maak. Maar by 'n welkome koffietjie het dit nie gebly nie. Ignes en Sam het moeite gedoen om vir Stof 'n webfasiliteit te skep waar hy baie meer vryhede het as wat enige ander webplaas tot op hede aangebied het. Redcactus glo in die integriteit van sy klante en dring nie daarop aan om elke ding self te doen omdat hulle glo die klant is te dom nie. Na 'n geselsie is die fasiliteit geaktiveer en Stof kon begin met die trekkery van al sy webplaasdiertjies.

Anders as met van die ander webmaatskappye, is die personeel by Redcactus mense. Hulle vertrou hulle klant. Hulle laai nie beperkende wantrouemaatreëls op die bediener wat maak dat die klant vir elke bakatel ekstra uitgawes moet aangaan nie. Hulle het 'n skerp waarneming, en het nie toegelaat dat hebsug en eiegeregtigheid hulle etos kaap nie.

Nou onlangs het Stof weer besoek by Redcactus gebring. Die ekstra oordragfasiliteite wat nodig was, het hulle dit sonder probleme beskikbaar gestel sonder die teisterende ondervraging wat ander so dikwels hul klante mee wantrou. Daar was 'n probleem met 'n statistiek fasiliteit wat nie meer gewerk het nie. Daardie fasiliteit is binne sekondes herstel. Dit was nog het einde niet. Na die sake waaroor die besoek gegaan het, het Ignes vir Stof verseker dat as hy enige ander behoeftes het wat buite die pakket val, hy 'n oop oor daarvoor sal hê en met graagte die limiete sal aanpas.

Dankie Ignes, dat jy die passie vir 'n medemens deel. Dat jy sien wat hierdie outjie met sy webwerf doen en dit daarom vir hom maklik maak om sy werk te doen. Stof eer ook vir Sam en Mike sowel as die res van die span wat saam, die tweede myl stap met klante.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Aan elke leser wat nou hier lees, jy kan verseker weet dat jou webkudde veilig is by Redcactus se webplaas. Jy kan weet dat jy nie net gesien word as 'n inkomstebron nie, maar as 'n medemens. Jy kan rus in die wete dat jou navrae en probleme, nie as las gesien word nie, maar as 'n geleentheid om jou tot diens te wees.

Maak vandag seker jy maak die regte keuse as jy 'n webplaas soek. Jou kudde is kosbaar, jy kan nie enige cowboy daarmee vertrou nie. Redcactus se besonderhede word hieronder met jou gedeel, sodat jy ook die voorreg mag hê, om deel van hierdie familie te kan word.
Telefoon:
0123293171
Epos:
support@redcactus.co.za
Faks:
08615157856

Besoek Redcactus se webwerf
© Stof 2014/11/16
.