|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Vandag is Stof hartseer. Hy het kosbare vriende by wie hy graag wil uitkom van tyd tot tyd. Hy het selfs soms die voertuig en middele daartoe, tot sy beskikking.
'n Wyle gelede het Stof vir Lyn, 'n maatjie van hom en Lida, na Lida toe geneem. Die volgende oggend toe ons wou vertrek, terug na ons kaya's toe, is daar 'n nota by Maggie, Stof se voertuig wat te vertelle het dat sy nie welkom is op die werf nie. Neem nou in ag, Stof woon effe meer as twintig kilometer van Silverton af. Maggie is dus sy enigate manier om daar te kom, want hy is nie altyd lus om sulke lang ente te voet te loop nie. 'n Verdere rede waarom van maggie se gewilligheid gebruik gemaak is om tot in Silverton te kom, was omdat Lyn 'n redelik lywige vrag saamgebring het, wat nie in 'n rugsak sou pas nie...
Hierdie wegjaag-briefie op Maggie het die moontlikheid om gemaklik by vriende Goy en lida te kom kuier, nou feitlik onmoontlik gemaak. Anše, die motorfiets, is siek, en dus kan Stof nie op die oomblik saam met haar ry nie. Dit is wel opvallend dat elke keer wat Stof op Giy se werf grkom het met die motorfiets, daar geen klagtes was nie. Die eerste keer toe hy met 'n luikrug daar aankom, het hierdie insident egter gebeur.
Dus, hier volg 'n stukkie hartdeel:
- Stof weet dat Goy nie lelike briefies op sy vriende se voertuie sal sit nie, want hulle wedersydse verhouding is goed soos dit gelykgeskape vriende betaam.
- Stof het redelike sekerheid dat Lida nie lelike briefies op haar vriende se voertuie sal sit nie, want hulle kom ook 'n lang pad deur dik en dun saam. AL rede wat Stof dalk wel mag hê om te wonder of daar nie 'n skrapse moontlikheid was dat dit dalk Lida was nie, was die feit dat Lida vir Lynette so aggressief verdedig het toe Stof die insident noem en gevra het dat dit opgelos word. Indien wel, verstaan Stof nie die rede daarvoor nie...
|
|
- Die enigste ander party op die werf, was Lynette. Haar man was op daardie stadium in die hospitaal, dus kon dit nie hy wees nie. Twee plus twee is mos vier... Toe Stof haar per teksie simpatie met haar man se siekte toewens, het hy soos dit 'n gelykgeskape boetie betaam, haar ook vrygespreek vir haar vergrype aan Maggie. Sy het dit egter ontken en geskimp dat Goy as eienaar van die werf dalk verdink kan word. Die pargagraaf hierbo verwys egter na Goy en Stof se goeie verhouding, dus weet Stof, Goy sal hom nie verjaag nie. Stof hou nie daarvan as 'n vriend wat hy weet hom nooit skade sal berokken nie, deur 'n derde party verdink word van dié soort optrede nie. Lynette, Stof se voertuig mag dalk nie so blink en luuks wees soos joune nie, maar die bure sal dit regtig nie as refleksie teen jou sien as Maggie op dieselfde werf as jou vuurwa parkeer nie. Om dan vir Stof te teiken, en hom so van sy vriende af weg te probeer hou, is WREED!
Hierdie situasie moet opgelos word. Vriende kan nie uitmekaar gehou word net omdat 'n werfgenoot nie van Stof se voertuig se teenwoordigheid hou nie. Vriende wat kosbaar is vir mekaar, kan nie uitmekaargehou word. Lida, om aanhou vir Stof te sê dit is verby en die insident moet vergeet word, gaan nie die probleem oplos nie. Dit hou solank dit onopgelos is, weens praktiese vervoer-redes, kosbare vriende uitmekaar en maak dit onmoontlik vir Stof om selfs sy maat Goy te kom besoek.
Sal al drie partye op die werf dus nou bymekaar kom, besluit wie het nou eintlik wat gedoen, en dan vir Stof EN MAGGIE nooi vir koffie, sodat die situasie ontlont kan word.
Dit sloer nou net te lank.
Soli Deo Gloria
.
|