stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Ope brief aan Nico, Koos, Paul en Veronica Coetzee,
sowel as Isabel
Knor en vooroordele is nie deel van die Skeppingsorde nie.
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Stof word op die oomblik geseën met 'n tyd van stilstand. Die liggaam en gees is moeg en het tyd nodig om te herstel. Daarom kan hy, wanneer kragte toelaat werk aan uitstaande sake wat net nie opgelos kom nie. Een van die onopgelosde sake wat net nie na 'n punt toe kom nie, raak julle, die genoemdes in die opskrif.

Julel is almal bekend met die insident waar Koos dit op hom hom geneem het om 'n gelykgeskape skepsel enkele dae voor sy ma se vertrek, rond te ruk en allerlei onvleiende komplimente toe te voeg. Julle is ook almal bewus van die dreigemente om vir Stof en Anše in die toekoms op sig aan te rand. Na hierdie insident, het Nico, Paul en Veronica en sopas ook Isabel, ook 'n opvallende afstand begin handhaaf van Stof af. Selfs by 'n konferensie, waar ons as kollegas was, was daar 'n afstandskeppende koudheid. 'n Vorm van gesprekvoer wat so gou as moontlik van Stof wil ontslae raak. Die sosiale masker om dit te versag, het egter misluk. Nie net Stof nie, maar ook enkele ander konferensiegangers het aan Stof genoem dat hulle dit opmerk en dat hulle hom verseker, hulle deel nie daarin nie.

'n Wyle later was daar 'n inligtingsessie vir huweliksbevestigers waar Paul en Veronica ook opsigtelik, hulle afstand gehandhaaf het.

Dit is ook opvallend dat Nico, Paul en Koos se pa, ook nie meer kontak met Stof wil hou nie. Nadat hy sy selfoonnommer vervang het, was Stof een van dié wat nie in kennis gestel is van die nuwe nommer nie.

Enkel dae gelede stap Stof en 'n familielid wat ook aan Isabel bekend is, in die Wonderpark sentrum. Stof en familielid het die voorreg om met Isabel (Paul se sussie) paaie te kruis. Sy word opreg by die naam gegroet, maar kyk nie eers op nie. Sy kyk net reg voor haar en stap verby met 'n verontwaardiging wat ons nooit van haar sou verwag het nie.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Stof is nie bewus van enige skade wat hy die Coetzee familie berokken het nie. Daarom is hierdie ope brief van een gelykgeskepene aan vyf ander gelykgeskapenes, die uitnodiging dat hierdie saak dringend aangespreek word by 'n vergadering waar al die partye sowel as Thys van Rensburg, indien hy kanssien, teenwoordig sal wees.

Stof stel dit vandag dat hy elkeen van die genoemde Coetzee's, as gelykgeskape medeskepsels ag. Dat hy hierdie onverstaanbare eensydige draai in gesindheid by elkeen van hulle, moet reggestel kry, want dié tipe van onopgelosde vrae is nie tot heil van ons werk as kollegas of tot heil van menseverhoudings soos wat Vader dit bedoel het nie.

Stof het dus nou weer opnuut sy hand uitgesteek na die genoemdes. Gaan dit geneem word, of gaan dit weer verwerp en weggeklap word?

Hieronder is skakels na ander artikels wat verband hou met hierdie ope brief en meer lig op die onderwerp sal werp.
Ope brief aan Koos Coetzee
'n Huldeblyk aan Mart Coetzee


© Stof 2013/12/08
.