|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
'n Wyle gelede vra Arnold, 'n kollega wat sy lewe opoffer om ander te dien, vir Pa of hy nie maar net so nou en dan kan wegvlug vir 'n paar dae net om te gaan herlaai nie. Dat hy swaar dra aan die las van die werk waartoe hy geroep is, en dikwels naby uitbrand kom. Omdat hy dag en nag op die terrein van 'n intense bediening is, is dit noodsaaklik om soms fisies van die perseel af weg te breek sodat hy kan stil raak voor Pa op 'n ander plek, in die natuur. Pa is getrou, en fluister in 'n skenker se oor, om 'n woonwa aan hom te skenk.
Tipes van sy aard, is die satan egter glad nie beïndruk hiermee nie. Elke seëning, elke oorwinning vir 'n kind van die lewende God, is vir hom 'n seer terugslag. So voorsien hy mos dat Arnold dieselfde probleem sy woonwa ervaar, as wat Stof'n wyle gelede had met die oordrag van 'n koelwa wat aan hom geskenk is. Die verkeers-netwerk sê, die onderstelnommer is dieselfde as 'n ander voertuig s'n.
Die wat Stof se getuienis rondom die koelwa Dumu gelees het, sal egter weet dat ons Vader niks in die pad van Sy werk sal laat staan nie. So vra Arnold en Stof wysheid oor die hantering van die saak. Die prentjie is duidelik. Besoek eers die onderstel-uitreikingsbeampte in Pretoria Wes, aangesien dit 'n dubbel rit later die dag sal uitskakel. Daar aangekom, kla die amptenaar, Wessel, eers omdat Arnold nie eers 'n verwysing by die klaringskantore gekry het nie. En laat blyk dat hy nie regtig lus is om te help nie. Arnold weet egter, ons is juis eerste na hom toe omdat dit die roete is wat Pa ons gewys het om te volg. Terwyl Arnold die voorreg van Wessel se unieke persoonlikheid ervaar, stap Stof na 'n ander kantoor op dieselfde perseel om iemand te gaan groet. Soos wat hy stap, bid hy vir seën op die woonwa se sake. Arnold het ook deurentyd Pa se guns gevra terwyl hy by Wessel en sy kollega was. En net daar, soos destyds ook met Dumu, draai Pa Wessel se bereidwilligheid om die saak so te hanteer soos wat Pa self, ons gewys het om dit te doen. Hy gebruik dié persoon wat geen behoefte toon om Pa te eer nie, om in opdrag van Homself, die saak af te handel. 'n Getuienis wat toon hoedat Pa enige skepsel van hom te enige tyd tot Sy eer kan opdrag gee om Sy wil te doen, of dit nou vrywillig is aldan nie.
|
|
Daarna vertrek Arnold en Stof na Lytelton se klaringsentrum. Want ons weet, dis daar waar pa die res van die transaksie sal seën. Ons het weereens die voorreg dat Chantel ons help. 'n Vrou wat, anders as die tradisie onder haar kollegas bepaal, elke mendemens met respek hanteer. 'n Vrou wat Jesus se liefde eerstehands uitstraal. Sy help vir Arnold om die regte papiere te in te vul en gaan die dokumente na. Daar is egter 'n addisionele vereisde ten opsiget van 'n klaring wat sedert Stof en Dumu daar was, bygekom het. Haar kollega is egter behulpsaam en verwys Arnold na 'n vriendelike diensverskaffer in die onmiddelike omgewing. Pa voorsien op wonderbaarlike wyse in die uitgawe wat hierdie adisionele sakie vereis en dit word baie bevredigend afgehandel. Na die proseduretjie, is Arnold terug na die klaringskantoor. Chantel gaan weer die dokumente na, verseker vir Arnold dat daar niks skort nie, en gee dit sommer intern deur. Die inspeksie-beampte gaan kyk na die woonwa, en op 'n besondere vriendelike en bedagsame manier verklaar hy: Alles is reg! Arnold besoek die ander toonbank, waarna die klaring moeiteloos uitgereik word. Ons stem weereens saam voor pa dat die drie dae wagtyd wat soms op klarings voorkom, sal wyk. Chantel gaan na op die netwerk na en glimlag groot, want weereens het haar God Sy grootheid bewys: Die klaring is reeds op die netwerk en bruikbaar.
Stof herhaal graag 'n deel uit Dumu se getuienis hier en hoop dat dit ander sal bemoedig om te wees, dit wat Pa bedoel het hulle moet wees:
"Hiermee ook my groot dank aan Chantel. 'n Vrou wat eerstens so straal van Jesusliefde, dat almal om haar daardeur aangeraak word. 'n Vrou wat bereid is om in 'n omgewing te werk, waar omgee vir 'n medemens, tradisioneel ontbreek. Sy is gehoorsaam in haar roeping om sake wat satan gewoonlik gebruik om mense te ontmoedig of selfs kwaad te maak, om te keer tot 'n kragtige getuienis tot eer van haar Skepper. Aan Chantel is Stof se wens, dat Pa haar in oorvloed sal seën vir die verskil wat sy daagliks in moedelose klante se lewens maak. Stof is seker, daardie stukkie waardigheid en Jesus-liefde, wat sy saam met elkeen van haar klante huis toe stuur, het menige klante al in die middel van die nag weer laat wakker word, en hulle genoop, om net daar in gebed voor Pa te vra om in hulle lewens in te gryp"
Hierdie getuienis, toon onomstootbaar hoe Vader self beheer neem oor sake, as Sy skepsels op Hom vertrou vir suksesvolle uitkoms. Hy het weereens hierdeur gewys, Hy wil Sy kinders seën en sal dit doen as hulle opreg daarna vra.
Klik op hierdie skakel om die getuienis van Dumu te lees..
.
|