'n Ode aan 'n kreatiewe maatjie
Eendag, nie té lank gelede nie, was daar 'n maanmonster. Sy het met elke volmaannag, haar maangesang oor die groen-groen waters laat weerklink. Dit is nagte soos hierdie wanneer die bytjies waarmee sy geboer het, hulle voorberei het vir 'n besonde produktiewe dag wat kom tussen die blommetjie. Dit was op sulke nagte wat die maansmonster haar kerswas en vorms opsy gesit het. Om middernag, het Maanmonster 'n spesiale maansang gesing vir haar mini monstertjie.
Mini monstertjie het een dag, so kort voor volmaan, deur haar prestasies vir al die kritici gewys, dat Maanmonster toe al die jare eintlik tog 'n baie goeie ma was. En Maanmonster, Mini Monster en die bytjies en die blommetjies het lank en gelukkig geleef...